Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5311 resensies.
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Koedoesrus Boskamp"Dinokeng is 'n wonderlike plek, natuurlike rustige plek vir 'n samekoms met familie en vriende. Dinokeng sal ons vir seker weer sien in die toekoms, veral die resort self."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Thala Thala"Traffic on the R573 is hectic. Most of the way is one lane and if you turn off it is quite hard to get back on. The general roads around the area are really not great so a car with adequate ground clearance is recommended. Make sure your spare tyre is checked and adequate as one could easily get a puncture. The game reserve is quite nice with a wide variety of game but a bit costly unless one is spending a full day there."
Die Bult, Ontsnap Uit Johannesburg
Dream Stop Guest Rooms"Dis 'n studente bymekaarkomplek. Maar van die restaurante is so dat dit glad nie pla nie, is rustig genoeg, en lewendig genoeg."
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Shangrila-Innibos Country Lodge"Dele van die omgewing het agteruit gegaan - dit is jammer. Baie plekke is vervalle. Uitbreiding na Meerhof se kant toe is lieflik. Steeds baie om te doen. Winkels se pryse is met tye belaglik. Kabelkar is die moeite werd. "
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Otters' Haunt"Daar is die wonderlikste ou winkeltjies om te besoek en heerlike eetplekkies en baie oornag plekke! Ek en my vrou lief Parys! "
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Guesthouse Serenity"Die omgewing is pragtig, veral die natuurskoon. Die paaie is ongelukkig in 'n swak toestand op baie dele."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Foreva Wild"Ek hoop net volgende keer om meer van die Groot 5 te sien. Maar keep up the good service, truly amazing."
Kroonstad, Ontsnap Uit Johannesburg
Arcadia 4 Star Guesthouse"Ek dink nie dit kan meer wees as bestemming vir funksie of oornag nie."
Brits, Ontsnap Uit Johannesburg
Grasdak Guesthouse"Brits is maar soos enige ander dorp in die land, jy kry die goeie en die slegte. Ons was gelukkig gewees om Brits te ken deur my skoonsuster wat daar woon. Die woonbuurt is pragtig waar Grasdak Guesthouse is, maar ongelukkig kan mens nie dieselfde van die dorp sê nie."
Garsfontein, Ontsnap Uit Johannesburg
Loerie Gastehuis"Dit is naby alles wat 'n reisiger nodig het."
Garsfontein, Ontsnap Uit Johannesburg
Greenwoods Selfsorg"Garsfontein het my beïndruk. Skoon woonbuurt met pragtige huise en welige plantegroei. "
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Otters' Haunt"Parys het die vriendelikste mense wat almal jou graag wil help. Vra maar vir enige iemand en almal sal jou plekke uitwys of aanbeveel. Eetplekke is ook baie, maar pasop hulle is meeste eers oop vanaf Woensdae. Gaan besoek Parys, daar is baie weggesteekte juweeltjies wat wag om ontdek te word. "
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Shangrila-Innibos Country Lodge"Lekker vakansiegevoel, net vrek besig op 'n Sondag."
Groenkloof, Ontsnap Uit Johannesburg
Spacube Luxury Suites and Spa"Bekoorlike omgewing met Austin Roberts Park, Magnoliadal, netjiese groen tuine in die woongebied en inkopiefasiliteite in die kleiner SBG van Groenkloof; ook die gerief van Gimnasium en Life Groenkloof Hospitaal op die hoofroete."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Hidden Grace Self-catering Unit"Prag-dorp met so baie om te doen en te sien."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Roaring Sky Bush Lodge & Safari Camp"Dinokeng is 'n juweel en sal enige tyd weer besoek."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
KwaThabisile Game Lodge"Dinokeng is n lieflike reservaat met die Groot 5 op jou drumpel in Pretoria! Die personeel was vriendelik en hulpvaardig!"
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
De Kleine Serengeti Game Lodge"Baie vriendelike en behulpsame mense wat by die betaal punte werk, baie diere te sien en piekniekplekke skoon en netjies, ook nie te besig as mens op die self drive roetes ry nie. Al het ons nie al die Groot 5 gesien nie het ons die leeus gesien en sommer nog baie ander wild. Perfek vir n wegbreek wat nie te ver van Johannesburg of Pretoria is nie."
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Shangrila-Innibos Country Lodge"Die area as geheel word nie regtig onderhou nie. Paaie kort werk, sowel as baie vullis by die dam. "
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Cock & Bull"Ek is mal oor Hartbeespoort! Dis soos by die see, net nader."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Stumble Inn Game Lodge"Absolute fantastiese ondervinding. Baie wild gesien naby."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Riverbush Lodge"Parys is 'n baie rustige dorpie om te besoek en weg te breek uit die stad."
Reitz, Ontsnap Uit Johannesburg
Ta Daa"Mieliebielie fees sien ons weer. Vreeslik lekker gekuier in Reitz."