Geverifieerde Resensie
Escape From Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5311 resensies.
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
De Kleine Serengeti Game Lodge"Baie vriendelike en behulpsame mense wat by die betaal punte werk, baie diere te sien en piekniekplekke skoon en netjies, ook nie te besig as mens op die self drive roetes ry nie. Al het ons nie al die Groot 5 gesien nie het ons die leeus gesien en sommer nog baie ander wild. Perfek vir n wegbreek wat nie te ver van Johannesburg of Pretoria is nie."
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Shangrila-Innibos Country Lodge"Die area as geheel word nie regtig onderhou nie. Paaie kort werk, sowel as baie vullis by die dam. "
Hartbeespoort, Ontsnap Uit Johannesburg
Cock & Bull"Ek is mal oor Hartbeespoort! Dis soos by die see, net nader."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Stumble Inn Game Lodge"Absolute fantastiese ondervinding. Baie wild gesien naby."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Riverbush Lodge"Parys is 'n baie rustige dorpie om te besoek en weg te breek uit die stad."
Reitz, Ontsnap Uit Johannesburg
Ta Daa"Mieliebielie fees sien ons weer. Vreeslik lekker gekuier in Reitz."
Wonderboom Suid, Ontsnap Uit Johannesburg
Garden Flat on 15th"Baie veilig en netjies, vol vriendelike mense."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
iKhaya LamaDube Game Lodge"Verbasend min mense weet van Dinokeng vir een of ander rede. Kan nie glo hoe bosveld dit is net buite Pretoria nie. Een van ons gunsteling-naweekbestemmings geword met soveel kampterreine en plekke om te bly. Gaan almal probeer."
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
Thorn Tree Bush Camp - Tented Camps and Cabins"Definitief die plek om heen te gaan vir 'n rustige wegbreek."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
À la Maison Boutique Guesthouse"Wonderlike plek. Ek beplan reeds om weer te gaan kuier. "
Dinokeng, Ontsnap Uit Johannesburg
OuKlip Game Lodge"Some of the self drive roads are unsuitable for a normal sedan."
Kroonstad, Ontsnap Uit Johannesburg
Casa la Gracia"Die gate in die paaie gee 'n wrang smaak in 'n mens se mond veral as jy daar opdaag met 'n voertuig wat meestal geskik is vir 'n hoofweg."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Schilbach House"Soos die res van die Vrystaat se dorpe. Strate uiters swak. "
Wilkoppies, Ontsnap Uit Johannesburg
Sola Gratia"Uitstekend geleë naby Wilmed Park Hospitaal. Sal in vervolg al ons pasiënte aanbeveel om daar te oornag."
Groenkloof, Ontsnap Uit Johannesburg
Spacube Luxury Suites and Spa"Alle sentrums en hospitale sommer so bymekaar."
Bethlehem, Ontsnap Uit Johannesburg
Pandora's Guesthouse"Ek was ongelukkig net een nag daar en dit was 'n Sondag toe ek weer weg is so die dorp was, maar baie stil met die winkels wat toe was."
Potchefstroom, Ontsnap Uit Johannesburg
Die Opstal Gastekamers"Baie studente, maar lekker Afrikaanse dorp!"
Kroonstad, Ontsnap Uit Johannesburg
Oppi-Koppi Gastehuis"Dit is 'n vriendelike, Afrikaanse dorp met juwele om te ontdek en funksies en markte wat gereeld plaasvind."
Parys, Ontsnap Uit Johannesburg
Schilbach House"Pragtige dorp op die oewer van die Vaalrivier. Oulike kuierplekke. Die strate tussen die huise is in 'n baie swak toestand."
Moreletapark, Ontsnap Uit Johannesburg
513 on Mulberry"Baie veilig a.g.v twee sekuriteits-toegangshekke waar jy moet aanmeld om by woning uit te kom."
Hatfield, Ontsnap Uit Johannesburg
The Village in Hatfield"Doen jouself 'n guns ─ kom kuier by The Village."