Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"At the moment it is more of a stopover destination, but the town is undergoing a revival."
"Bloemfontein is erg verwaarloos. Was geskok oor die verwaarlosing en agteruitgang. Verkeersligte het net een werkende lig per rigting per stel ligte. Erg baie slaggate in veral die hoofstrate. Museums gesluit of in swak toestand. Rosestad met geen rose."
"Lovely town close to Golden Gate, with plenty of restaurants to choose from and interesting art and craft shops. A must visit."
"Karaktervolle dorp, ietwat verwaarloos. Die paaie/strate het aandag nodig. Die Adam Kok (kanon kop) en Emily Hobhouse gedenktuin nie op standaard nie. Die ou kerk vorm 'n mooi fokuspunt in die dorp. Verskeie ou huise en geboue op die dorp is mooi gerestoureer en omskep in oornaghuisvesting."
"Baie klein dorpie. Niks veel om daar te doen nie, maar sal net weer oorslaap en die volgende dag verder ry na my volgende bestemming."
"'n Mens het beslis meer as 'n oornagbesoek nodig om werklik die dorp en omgewing te verken."
"Clarens is nogal dinamies. Die toerisme-aanbieding hou aan verander. Mens moet egter die avontuurskoene aantrek en buite die dorp gaan verken!"
"Bethlehem se mense was baie vriendelik en het my tuis laat voel. Die dorp self is maar bietjie verniel (nie onderhou nie) met slaggate, ens. Maar anders is dit baie skoon."
"Bloem is a peaceful and calm city. This is the platteland, so it is really good for what it's worth!"
"Clarens het heerlike restaurante teen bekostigbare pryse (in verglyking met Gauteng.) Die winkeltjies verkoop baie interessanthede, en beslis nie net die gewone toeristegoed wat mens by die meeste vlooimarkte kry nie. Bowenal, die dorp voel veilig en 'n mens kan gemaklik rondstap."
"Gaan eet gerus by O's restaurant. So romanties tussen die wandelpaadjies en op die rivier en heerlike kos met bekostigbare pryse word voorsien."
"Jy moet genoeg geld saamvat - maar ek verstaan dat die "locals" hulle brood en botter uitsluitlik uit toerisme verdien."
"Altyd 'n wonderlike plek om na te gaan met baie mooi winkels en wonderlike natuur! Waarlik 'n plek om te gaan vir jou siel om te rus! Sal altyd Clarens aanbeveel vir enige persone."
"Agteruitgang weens swak munisipale dienste gaan 'n probleem word as dit nie vinnig aangespreek gaan word nie."
"Love Clarens, lots of interesting shops and restaurants! Lots of physical activities like hiking, bike riding and just general exploring."
"Pragtige dorp, oulike winkels en restaurante, vriendelike mense. As jy net wil ontspan en net weer jou batery wil herlaai, is die beslis die plek vir jou. Die dorp se bekoring en natuurskoon is sonder ophou! Awesome!"
"Ons was net in die universiteit se omgewing, so my indruk van die stad is beperk. Lyk baie verwaarloos en nie 'n toerisme mekka nie."