Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"'n Pragtige stad waar mens die trots van die inwoners op hulle stad kan waarneem. Die strate is silwerskoon - geen rommel of gate. Die historiese boustyle in puik toestand. Genoeg pad predikante. Die "Valley of Desolation" is 'n moet sien."
"De Rust is 'n baie oulike dorpie en beslis 'n goeie naweekplek om te gaan kuier. "
"Did not have the time to explore the rest of the town and surrounds. Would love to extend our stay the next time we need to pass through. Gariep Dam is conveniently on the way and is worth a visit for more than a day."
"Fransie Pienaar-museum is 'n moet sien. Ou meule is weggesteek en moet sigbaar gemaak word met inligtingsborde oor werking. Mooiste deel van Swartbergpas is aan Prins Albert se kant van die berg. Wynproe en verkope was toe ná 13:00 en kan baie meer prominent wees om streek se wyne te bevorder. Geologie oor die streek kan ook meer prominent gemaak word. Kunsgalerye en eetplekke is goed beman en is 'n bate."
"Bly my hart se punt, want ek is daar gebore en het daar groot geword. Jammer vir die bittere droogte, hartverskeurend. Ons kom gereeld daar, veral Desember gaan ons plaas toe."
"Dink daar moet dalk meer adverteer word of bewusmaking wees vir eetplekke op die dorp. "
"Maak die tyd en ontdek ons platteland. Suid-Afrika het soveel mooi in ons mense en natuurskoon en klein ou dorpies."
"Colesberg is 'n oulike dorp met die lieflikste restaurante. Die Plattelander het vir ons uitgestaan en ons het baie lekker daar geëet. Die kos was bogemiddeld lekker!"
"Ons slaap gereeld oor in die Gariepdam-omgewing wanneer ons reis van Pretoria na die kus. Dit is lekker stil en weg van die trokke se geraas. Ons het ook ondervind dat daar heelwat baie gerieflike selfsorgfasiliteite is in die omgewing teen billike pryse."
"We love Prince Albert and visit every winter. It has beautifully restored homes,a theatre, everyone is friendly and it must be one of the cleanest towns in South Africa."
"Ons het die area bietjie beter op ons bergfietse leer ken en die hele dorp se mense was baie vriendelik en behulpsaam."
"De Aar is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en groot oop vlaktes. Die dorpie is skoon met baie restaurante en blyplekkies. Sal beslis terugkom."
"Die vars lug en stilte wat mens ervaar buite die dorp is wat uitstaan en Beaufort-Wes die ideale plek maak vir 'n wegbreek."
"Asseblief merk die strate met plastiek borde, as hulle die staal steel is dit moeilik om die gastehuis en restaurant te kry en nie almal het internet of data op selfone nie. "