Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6942 resensies.
"Baie mooi en eksklusiewe area, naby Ballito. Die twee granny pools wat voorsiening maak vir klein én ouer kinders/grootmense, is 'n baie goeie idee. Groot keuse van winkels baie naby."
"Strand is baie vuil en word nie skoongemaak nie! Net die paaie word skoongemaak. Dis 'n jammerte dat ons met sulke munisipaliteite moet sit. Strand is vol papiere, doppies, hoenderbene, sigaret stompies, ens."
Paulpietersburg, KwaZulu-Natal
Fels Retreat Lodge"Bietjie uit die pad, maar die lodge maak dit die moiete werd."
Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal
Matts Rest B&B or Self Catering"Die dorp val uitmekaar uit. Infrastruktuur is nie goed nie. Baie probleme met krag, water en ander dienste. Die strate in die stad is in 'n baie swak toestand met menige slaggate. Die padwerke op die N3 gaan aan vir jare en veroorsaak lang oponthoude op die pad in en uit PMB. Jy gaan daarheen omdat jy daarheen moet gaan, of omdat jy oorslaap op pad tussen bestemmings. Daar is lekker plekke om te besoek in die omgewing, bv. die hele Midlands Meander, maar dan sal jy eerder daar iewers wil bly."
"Small town, it was just that the beach was not accessible in the afternoons, and some of our people got sick due to the contaminated ocean. But we love Scottburgh have been going there since 1992."
"Daar is nie veel om te doen nie. Pick 'n Pay is o.k. en die vis- en tjips-winkel op Kingsway-straat se kos is regtig lekker."
"Ek wens net die munisipaliteit wil al die rommel vanaf die strand en rotse verwyder."
"Ons het die Natural Science Museum gaan besoek, wat gratis en 'n absolute moet-doen in Durban is. Ongelukkig was parkering 'n probleem. Altyd lekker om by 'n restaurant op die Promenade te eet: verkopers en bedelaars is nie lastig nie, hoewel die ware beskikbaar is."
"Ons het nie veel in Umkomaas verken nie, aangesien dit vreeslik gereën het. Dit was egter die enigste plek waar ons geredelik slaapplek kon kry, toe ons ander vakansieplanne weens Covid deur die mat geval het."
"Die Midlands Meander is altyd 'n heerlike ontsnapping weg van die stad af: ons het al verskillende dele sedert 1997 gereeld besoek. Ek sou 'n kaart waardeer het, maar besef dis 'n probleem met Covid. Die meeste plekkies was ongelukkig toe oor die Kersnaweek."
"I love the fact that it's a small town, not too busy. Shops for necessities are nearby and there are a lot of activities to do as a family, friends or a couples. I love the cleanliness of the ocean. I honestly love everything about Port Edward."
"We found that the shopping malls and some restaurants are a bit of a drive away."
"The sewage spillage was terrible. Made my entire family sick for the full duration of our stay. From what I hear this is very common in Uvongo. The municipality needs to attend to this issue."
"Daar is nie regtig swemstrande nie, maar vir op die strand wees en snorkel en in die branders speel is dit ideaal."
"Very busy with locals. Beaches were littered and quite a lot of unruly behaviour from locals."