Pick your preferred language

English

Afrikaans

Geverifieerde Resensie

Mpumalanga

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6237 resensies.

Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga

Elephant Walk Retreat

"Ons was so teleurgestel in die houding van die personeel van die park oor die algemeen, veral by die Kruger Hek. Ons het ook besef dat die Safari voertuie wat die toeriste op 'n oprit neem werklik moet let dat hulle nie ure by een punt kan staan nie, gee almal 'n kans om te sien wat daar te sien is en die verkeer hoop so op dat dit later tot een verkeersopeenhoping lei."

Marlothpark, Mpumalanga

Kudu Lodge

"They do scare you a bit with their safety briefing but we felt perfectly safe and was nice to know that security was driving around."

Hazyview, Mpumalanga

Aan de Vliet Holiday Resort

"Baie sentraal geleë in 'n pragtige deel van ons land. "

Marlothpark, Mpumalanga

Wildsbokkie Holiday Home

"Marloth bly altyd 'n wenner as jy lief is vir die Laeveld se fauna en flora."

Sabie, Mpumalanga

Dublin Guest Lodge

"Pragtige dorpie. Sal graag weer daar besoek aflê."

Dullstroom, Mpumalanga

Field and Stream

"Lieflike dorpie, pragtige kuns en koesterkos."

Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga

Sabie River Bush Lodge

"Adventurous and interesting. I love what I saw."

Marlothpark, Mpumalanga

Kudu Lodge

"Lekker naby die Wildtuin geleë."

Marlothpark, Mpumalanga

Live-A-Little

"Geen dokter beskikbaar as jy siek word nie. Moet na Komatipoort ry daarvoor."

Marlothpark, Mpumalanga

Vuurvliegie en Sonbesie

"Sommige paaie is nie heeltemal toeganklik vir 'n gewone motor nie. Verder het ons heel veilig en rustig gevoel. ek kan Marloth Park aanbeveel vir enige natuur liefhebber. Dis so lekker om die diere om jou te sien."

Dullstroom, Mpumalanga

Van de Poll Huis

"Pragtige dorpie. Het die karakter van die vorige eeu. Lekker eetplekke."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Rock View Lodge

"Nelspruit het baie toeristeplekke om te besoek en die omgewing en klimaat is baie lekker!"

Graskop, Mpumalanga

Blue Swallow Chalets

"Die dorpie self is nie ongelooflik nie, maar is naby alles. God's Window, Lisbon Falls, Berlin Falls, Mac Mac Falls en 'pools', dagroetes, Pelgrimsrus, Hazyview (waar 'n mens 'n verskeidenheid avontuuraktiwiteite kan doen - tours and travel en oulike winkels), Bourke's Luck Potholes (ongelooflike ervaring) en ook binne 'n uur en 'n half van Hoedspruit en die Kruger."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Panorama Guest Farm

"Lieflike dorp, baie skoon, paaie in goeie toestand. Verblyf egter buitensporig duur in baie gevalle. Gastehuise behoort meer "upmarket" akkommodasie te bied vir eienaars met troeteldiere, bv. skoon en warm "kennels| waar diere veilig is as eienaars vir 'n dag wildtuin toe wil gaan."

Graskop, Mpumalanga

Wild Forest Inn

"Graskop is die ideale plek om al die mooi watervalle en natuurtonele soos God's Window te besoek. "

Sabie, Mpumalanga

Merry Pebbles Resort

"Sabie is 'n pragtige klein dorpie, maar het baie agteruit gegaan. Die Sabiewaterval is besoedel en ruik onaangenaam. Ons was baie teleurgesteld."

Witrivier, Mpumalanga

Klipkopje Guest Cottage

"Netjies en naby alles wat nodig is."

West Acres, Mpumalanga

Dome Home Accommodation

"Naby eetplekke en naby die N4 - baie geskik."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Lizard Rock

"Ons het ook gedurende die fees die Laeveld Botaniese Tuin besoek. Dit was mooi en 'n besoek werd."

Marlothpark, Mpumalanga

Oribi Cottage

"Marloth vir ons is 'n bekostigbare alternatief om naby die wildtuin te wees. Dit is basies die redes waarom ons op Marloth besluit wanneer ons daardie kant toe wil gaan."

Marlothpark, Mpumalanga

The Promised Land

"Dit was 'n besige langnaweek en ons het baie lank tougestaan by die wildtuin se hekke. Wenk nr.1 vir voornemende besoekers oor langnaweke en skoolvakansies is om vooraf besprekings te maak vir dagbesoeke aan wildtuin. Dit kan op SANparke se webruimte gedoen word."

Marlothpark, Mpumalanga

South Post at Kruger

"Verwag lang toue by die Wildtuin se toegangshekke gedurende veral langnaweke en skoolvakansies, wanneer die toegelate kwota dagbesoekers beperk word. Dit is raadsaam om vooraf 'n dagbesoekerbespreking uit te neem vir die dae wat jy die wildtuin wil besoek."

Sonheuwel, Mpumalanga

9 on Juanita

"Lekker stil area en naby winkelsentrum."

Sonheuwel, Mpumalanga

Amigo's Bed & Breakfast

"Nelspruit is 'n pragtige dorp tussen heuwels. Nie so seker ek wil daar vakansie hou nie, maar perfekte oorstop op reis vanaf Mozambique."

Hazyview, Mpumalanga

Kruger Park Lodge

"Ietwat teleurgesteld in die toestand van die dorp Hazyview. Het onveilig in die dorp gevoel en die dorp is verwaarloos!"

Hazyview, Mpumalanga

Thulamela Bed and Breakfast

"Dit voel soos 'n ander land, pragtige plek."

Witbank, Mpumalanga

Ledumo Lodge

"Pragtige en netjiese dorp, maar baie besig vir ons plaasjapies."

Blad
Blad 177 - Wys 5281 tot 5310
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang