Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.
"Paternoster is hoogs aanbeveelbaar vir toeriste. Dit is vir my prentjiemooi, een van my gunsteling plekke."
"Pragtige skoon dorp met alles wat jy nodig het en uitstekend geleë op die Weskus-roete."
"Langebaan is 'n lekker kuier plek en baie gesellig met baie dinge om te doen."
"Rus en vrede en goed geleë met die mooiste natuurtonele. Beskut van groter dorpe, maar baie naby daaraan en aan ander kleiner Weskus-dorpies, vir lekker daguitstappies."
"Die wind kan baie sterk waai aan die Weskus en erg onplesierig wees, maar op die dae wat die wind nie waai nie, is dit heerlik by Dwarskersbos strand en Bokkomlaan."
"Wonderlike bestemming as jy wil wegkom van die stad, maar nie ideaal as jy nie van stilte en rustigheid hou nie."
"Sal vir seker weer in Langebaan gaan vakansie hou. Die dorp is skoon en het alles wat jy op vakansie benodig."
"Daar moet dalk nog 'n kafeetjie wees wat tot later saans kan oopbly. Mens ry uit vir die dag en kom laat tuis besef iets nodig en winkel maak al 18:00 toe."