Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Goed geleë vir oornagstop. Goeie restaurante. Besoek gerus die slaghuis vir die beste biltong en droëwors."
"'n Oase-dorpie waar 'n mens weer jouself kan vind en besef waaroor die lewe eindelik gaan."
"Ons is see-mense en dus sien ons nie die Karoo regtig as 'n toeristebestemming nie."
"Prins Albert is 'n verskriklike lekker, rustige dorpie om net van die gejaag af weg te kom, net jammer dis so ver van die Kaap af."
"Mooiste dorpie en strate. Ons het juis Graaff-Reinet gekies bo Colesberg."
"Aangenaam, dis stil en rustig, regtig 'n stop werd. Daar is nie veel om te sien nie, maar tog is dit baie mooi, 'n anderste soort mooi."
"Bedelaars bederf 'n mens se toeriste-ervaring, ten spyte daarvan dat 'n mens deernis met hulle omstandighede het."
"Baie jammer dat hierdie pragtige dorpie van vroeër so verval het. Is gebore op buurdorp."
"'n Toer deur die stofpaaie van die Karoo, weg van die N1, is terapie vir die siel."
"Baie lekker gebly. Sal weer so maak. Alles was baie skoon en ons het alles gehad wat ons moontlik nodig kon kry."
"Sal graag langer wou bly. Uilhuis was ongelukkig gesluit. Doen navraag oor openingstye."