Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6186 resensies.
"Die dorpie Sabie is ryk aan geskiedenis met pragtige natuurskoon (maar iets sal gedoen moet word aan die swak paaie na die watervalle)."
"Oppas! Twee nagte by die park is te min! Enige stap-entoesias sal die plek geniet. En dan is die (wilde) bokke/diere tussen die huise 'n groot bonus."
"Ons het heerlike koffiewinkels geniet asook restaurante. Kon nie eens by almal uitkom wat ons wou nie. Beslis 'n lekker plek."
"A lovely town. Really enjoyed all the different tourist attractions. The people were very friendly and helpful. "
"Baie toeristebestemmings in die omgewing, bv. Krugerwildtuin, grotte ens. is naby genoeg, asook die lughawe. Pragtige dorp. "
"Klimaat is baie lekker en ligging ook goed geleë naby die Wildtuin. Swaziland, Mosambiek en Mbombela en ek sien hy brei baie uit."
"Die dorp is rustig, maar daar is pragtige plekke in die natuur rondom die dorp. Ontdek gerus Evergreens: 'n luukse onthaalsaal in die bos."
"Die enigste negatiewe kommentaar oor Marloth Park was die toestand van die paaie in die wildreservaat. Julle behoort die mense met plat karre te waarsku dat die pad nie geskik is daarvoor nie. 'n Hoër grondvryhoogte is noodsaaklik op sommige plekke. Ons moes 'n paar keer stilhou om klippe uit die pad te verwyder. Daar is ook baie min wild. Ons het meer diere gesien vanaf ons voorstoep. Wanneer ek julle weer besoek sal ek nie weer die moeite doen om na die wildreservaat toe gaan nie."
"Baie oulike plekkie met baie restaurante, stalletjies en baie dinge te doen! So rustig! Onthou om vroegtydig te bespreek as jy die aand wil gaan eet oor 'n naweek! "
"Ons was 'n hele paar jaar gelede in Malelane, wou daar gaan woon, maar blyplekke is ongelooflik duur en geen werksgeleenthede nie. Ons het dit beskou as 'n uitbytery. nietemin, die omgewing is pragtig en omdat dit naby die Kruger Wildtuin is verdien Malelane 'n pluspuntjie."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Fasiliteite word nie meer goed in stand gehou nie, toilette word nie meer so skoon en netjiese gehou nie. Aanwesigheid van rommel wat oral rondgestrooi lê is 'n skande & teenstrydig met die beeld van 'n natuurreservaat. By Skukuza onderkant die restaurant en teen die grensheining by die rivier lyk dit baie sleg, kan nie glo dis ons pragtige Kruger Wildtuin nie."