Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7950 resensies.
"Victoria West, moet in samewerking met al drie vlakke van die regering, die dorp bemark as 'n kultuur-historiese ervaring. Dit kan bydra tot werkskepping in die toerismebedryf, en 'n toekoms bied vir die inwoners."
"Colesberg is 'n baie lekker plek om tydens 'n langerige reis oor te bly en te rus. Ons ervaring is dat baie vriendelike en gasvrye mense in Colesberg bly."
"Ongelukkig net deur die dorp gery en op ure waar daar nog geen beweging was nie."
"Baie lekker geëet teen baie billike prys by JC's Restaurant op aanbeveling van gastehuis ontvangspersoon."
"Richmond as dorpie het totaal agteruitgegaan. Ons was selfs bang dat ons nie brandstof daar sal kry nie, maar gelukkig was dit nie 'n probleem nie."
"'n Tipiese klein plattelandse dorpie vir rustigheid. Sal bietjie meer eetplekkies waardeer het."
"Bespreek 'n eetplek vroegtydig op 'n Woensdagaand, dit raak redelik besig in die bekendste plekke."
"Calvinia is meerendeels 'n deurgangsdorp. Tog is daar genoeg geriewe vir mense wat langer as 'n dag of meer wil bly. "
"Lekker Karoo stilte. Die hartland van die Karoo. Die Merino restaurant hier het jare lank al die lekkerste afval. Die gholfklub verwelkom enige persoon hartlik vir 'n bier of pot gholf."
"Asemrowend! Net gaar gebyt van muggies en muskiete. 'n Volgende keer sou ons graag by die valle wou bly. "
"Unfortunately Port Nolleth was extremely cold that night and so was the room."
"Great centre to be based at to visit the flower areas in the Northern section of Namaqualand."
"We did not have time to explore the town and surroundings, but from what we saw, it looks very interesting and would like to stay at De Oude Pastorie again for a few days to explore the town and surroundings."
"Ons is gewoonlik op pad êrens heen as ons deur Colesberg gaan, maar ek is seker daar sal baie te doen wees vir die Karoo siel."
"As die toeris vriendelikheid, behulpsaamheid en rustigheid soek, hoef daar nie verder as Upington gesoek te word nie. Upington en die omliggende dorpies was vir ons 'n totale belewenis. "
"Dit is 'n goeie bestemming vir besigtigingstoere in die omgewing. Die Namakwa Nasionale park se skilpadroete begin nie ver hiervandaan nie. Ons het ook die roete oor die Kamiesbergpas na Leliefontein en die Studerspas verken. Verder is dit ook nie ver van plekke soos Garies, Hondeklipbaai en Springbok nie."
"Conveniently situated near a new mall where there is a large variety of shops."
"Keimoes is sentraal geleë vir mense wat dieselfde doel as ons gehad het. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. (Het die aand voor ons vertrek motorprobleme gehad wat vroeg die oggend van vertrek op 'n baie vriendelike en behulpsame manier uitgesorteer was. Ons reis terug is toe net met 3,5 uur vertraag en teen 'n baie billike prys.)"
"Ideaal geleë na 'n lang dag se ry. Hier en daar laat die kleure van die huise mens dink aan die Bo-Kaap."