Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 34288 resensies.
Adele S. - 28th August 2016
staying in Nuwerus, Wes-Kaap
Goed geleë vir Namakwaland-toere.
Henk B. - 28th August 2016
staying in Van Riebeeckstrand, Wes-Kaap
Plek is skoon en binne loopafstand van die woonstel. Onthou, dis Kaapse strande en die water is koud.
Milka E. - 27th August 2016
staying in Parow, Wes-Kaap
Parow is sentraal geleë vir 'n hele paar hospitale en dagklinieke.
Japie N. - 26th August 2016
staying in Mosselbaai Gholflandgoed, Wes-Kaap
Die personeel by die gholfklub was 'n plesier om mee te gesels en hulle het my vriendelik ontvang en gehelp. Dit is iets wat selde by veral gholflandgoed-klubs gebeur. Al die personeel by die klub was deurgaans opreg en vriendelik.
Dirk K. - 26th August 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Vredenburg is n groot dorp wat 12 km vanaf Jacobsbaai geleë is. Daar is 'n groot mall met al wat 'n winkel en eetplek is. Jacobsbaai self het egter net 1 eetplek en 'n klein plaaswinkel. Die internet-ontvangs is baie gebrekkig, maar vir mense wat wil wegbreek van alles is Jacobsbaai ideaal. Dit is ook prentjiemooi met pragtige wit huisies en veldblomme. Ander plekke soos Paternoster en Tietiesbaai is lekker naby om te besoek. Jacobsbaai moet gesien word!
Dirk K. - 26th August 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Baie mooi, netjiese dorp. Lekker stappaadjies. Pragtige blomongewing. Sal weer Lambertsbaai besoek.
Dirk L. - 26th August 2016
staying in Hout Bay, Wes-Kaap
Beste "Fish & Chips " in die land!
John T. - 26th August 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Het lanklaas sulke vriendelike en behulpsame mense ontmoet. Sal Lambertsbaai beslis weer in die toekoms besoek.
Elsa K. - 26th August 2016
staying in Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap
Riebeek-Kasteel is bietjie van 'n geheim. Mooie plek (ek raak regtig liries daaroor) en ook sentraal geleë om plekke naby te besoek.
Nadia S. - 26th August 2016
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Fanschhoek bly pragtig en bied iets vir almal.
Deidre M. - 26th August 2016
staying in Velddrif, Wes-Kaap
Nie rêrig enigiets om te doen nie.
Dirk L. - 25th August 2016
staying in Wellington, Wes-Kaap
Pragtige dorp en omgewing!
Jo-anne K. - 25th August 2016
staying in Voorbaai, Wes-Kaap
Ons het meer tyd nodig gehad om dit ten volle te geniet.
Friedel V. - 25th August 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Die petty crime is nogal iets wat 'n mens pla wanneer 'n mens daar is. Veral wanneer jy gewaarsku word dat mense snags in vakansiegangers se karre inbreek. Dit gesê, ons het heerlik gerus!
Stefan F. - 25th August 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Baie rus vir die siel te vind hier!
Christie B. - 25th August 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Road works prevented us from exploring and bamboozled our GPS - momentarily.
Mariette M. - 25th August 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Een van ons gunsteling plekke vir vakansie hou. Baie netjies, skoon en vriendelike mense.
Kobie S. - 25th August 2016
staying in Clanwilliam, Wes-Kaap
Wonderlike, interessante plattelandse dorpie met gasvrye mense.
Gairoenesia P. - 25th August 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Already told all my friends, etc.
Alida B. - 25th August 2016
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Pragtige dorpie by die see.
Yunus A. - 25th August 2016
staying in Witsand, Wes-Kaap
Witsand is a very peaceful, quiet area and also a good place to fish. If you are looking for activities for kids, it's the wrong place to be!
Kerman A. - 25th August 2016
staying in Heroldsbaai, Wes-Kaap
Beautiful place and lovely secluded beach!
Christo D. - 25th August 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Moet asseblief nie by Beaufort-Wes se KFC enige kos koop nie. My vrou het voedselvergiftiging opgedoen.
Chris D. - 25th August 2016
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Danabaai is voorwaar 'n uitsonderlike woonbuurt en ek sal graag weer daar bly.
Elsa V. - 25th August 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Sal weer daar gaan ontspan wanneer ek kan!
Reginald O. - 25th August 2016
staying in Pearly Beach, Wes-Kaap
Vriendelikheid van die permanente inwoners laat jou sommer tuis voel, en moenie vergeet van die ongerepte strand nie. Dis hemels in vergelyking met ander strande. Probeer asb. om dit so te hou.
Natasha V. - 25th August 2016
staying in Bettysbaai, Wes-Kaap
Pragtige omgewing en beslis vir natuurliefhebbers.
Gerhard E. - 25th August 2016
staying in Jongensfontein, Wes-Kaap
As jy lief is vir die see, is dit die plek om na te gaan.
Ronel V. - 25th August 2016
staying in Montagu, Wes-Kaap
Al die restaurante, winkels en padstalle bied uitstekende verskeidenheid en waarde vir geld.
Selwyn C. - 25th August 2016
staying in Botrivier, Wes-Kaap
Definitief, veral hierdie tyd van die jaar.
Jaco C. - 25th August 2016
staying in Greyton, Wes-Kaap
Nog steeds een van die juwele van die Wes-Kaap.
Louis D. - 25th August 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Baie gate in Oudtshoorn se paaie.
Eugene S. - 24th August 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Klein juweel aan die Weskus.
Magda B. - 24th August 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Lambertsbaai is 'n interessante dorpie en die malgasse beslis 'n moet. SANP het moeite gedoen om die ervaring vir die publiek interessant te maak.
Su-mari K. - 24th August 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Beeldskoon!
Willem C. - 24th August 2016
staying in Table View, Wes-Kaap
Bloubergstrand en Table View is vir jare al my gunsteling plek om te besoek. Geen mooier uitsig in die hele wêreld nie.
Marisa K. - 24th August 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Bespreek nog nagte. Daar is heelwat vir alle ouderdomme om te geniet!
Joe D. - 24th August 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Mal oor Prins Albert!
Johan En Sarie V. - 24th August 2016
staying in Sandbaai , Wes-Kaap
Gerieflik geleë.
Louis N. - 24th August 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Ons gaan net weer en weer, want dit het alles vir 'n moeë liggaam en gees. 'n Woolies sal gaaf wees.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za