Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 37532 resensies.
Louise C. - 2nd May 2016
staying in Worcester, Wes-Kaap
Heerlik om die wynplase en oulike dorpies soos Rawsonville te besoek. Uitmuntende berge. Oulike padstalle.
Attie C. - 2nd May 2016
staying in Heroldsbaai, Wes-Kaap
Rustig, baie netjies en skoon en 'n idilliese plek om te kom rus.
Juliana T. - 2nd May 2016
staying in Montagu, Wes-Kaap
Mooi skoon dorp en baie eetplekke.
Chippy W. - 2nd May 2016
staying in Agulhas, Wes-Kaap
Loved exploring Agulhas. Plenty to see and do, as well as super hikes.
Muller L. - 2nd May 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Awesome.
Megan C. - 2nd May 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
We love Yzerfontein and it is well worth a visit. It is clean and tidy with beautiful beaches.
Cecilia S. - 1st May 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Lieflike plekkie, mooi omgewing.
Chris S. - 1st May 2016
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Wonderlike, baie geskiedkundige plek, die moeite werd om te verken deur die dag en historiese verblyf te soek vir die aand.
Elsabie A. - 1st May 2016
staying in Bloubergrant, Wes-Kaap
Goed geleë tov winkelsentums, restaurante en vulstasies. Naby die Waterfront en ander strande. Dankie aan die munisipaliteit se werkers wat elke dag rommel opgetel het, die gebied is uiters skoon. Daar was sigbare polisiëring wat ons veilig laat voel het. Die busse wat so gerieflik is maak dit ook baie maklik indien jy nie jou voertuig wil gebruik nie, wens ons hele land was so goed georganiseerd.
Cobus V. - 1st May 2016
staying in Rawsonville, Wes-Kaap
Die Rawsonville omgewing is baie mooi met heelwat kelders en restaurante wat besoek aangenaam maak.
Nicci H. - 1st May 2016
staying in Robberg, Wes-Kaap
This was my 2nd time that I came to Plett and specifically stayed in Robberg. This is my ultimate holiday destination and I will come back again and again!
Hester N. - 30th April 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Tulbacgh is 'n pragtige dorp, omring deur berge, en het 'n ryke en interessante geskiedenis. Die mense het ek baie gaaf, vriendelik en behulpsaam gevind. Afgesien van die pragtige natuurskoon, is hier pragtige, ou geboue om te besigtig; asook 'n wye verskeidenheid besondere plekke om te besoek.
Ruan Davey D. - 30th April 2016
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Swellendam is 'n juweel vir toeriste wat 'n stil, netjiese, maar tog interessante dorpie in die Overberg soek. Daar is uiteenlopende interessanthede en aktiwiteite in en buite die dorp.
Johan D. - 30th April 2016
staying in Worcester, Wes-Kaap
Baie om te sien (Karoo Tuin en die omliggende omgewing).
Adri V. - 30th April 2016
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Mosselbaai is 'n moet sien.
Nic B. - 29th April 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Gerieflike oornagstop tussen Kaapstad en Johannesburg. As jy wil sterre kyk in die nag, is dit 'n goeie keuse.
Trevor S. - 29th April 2016
staying in George, Wes-Kaap
I rather liked George from a central point of view. Went to Mosselbaai for a flutter, and Knysna for a boat ride to the heads. Went to KKNK on the Saturday. Really enjoyed that.
Babs H. - 29th April 2016
staying in Groenpunt, Wes-Kaap
Lekker naby aan die Waterfront, wat 'n pluspunt is.
Dalene C. - 29th April 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Baie lekker en 'n mens voel dadelik welkom.
Francisca A. - 29th April 2016
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Ons sal beslis weer daar 'n draai gaan maak!
Charlotte S. - 29th April 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Jacobsbaai is stunning en lekker rustig.
Monique P. - 29th April 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
It is very beautiful place I would definitely return to and explore more.
Jeff R. - 29th April 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Gay's Guernsey Dairy is definitely worth a visit, excellent cheeses. Plenty restaurants to choose from within reasonable price ranges.
Kiewiet S. - 29th April 2016
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Die mooiste plekkie tussen die berge, met die lekkerste pizza's by Woodpecker.
Corne L. - 28th April 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Oulike klein seedorpie vol potensiaal.
Heinrich H. - 28th April 2016
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Bied die toeris werklik baie. Natuurskoon, kuns, wyn, heerlike restaurante.
Kayleigh C. - 28th April 2016
staying in McGregor, Wes-Kaap
McGregor is a beautiful little town. Very friendly people.
Cecile T. - 28th April 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Yzerfontein is 'n klein Weskus-dorpie met vriendelike mense, 'n lieflike lang wit strand vir stap en bo alles voel 'n mens veilig daar.
Grezelda K. - 28th April 2016
staying in Bredasdorp, Wes-Kaap
Mense in Bredasdorp baie beleefd en vriendelik. Dorpie skoon en netjies.
Charlene A. - 28th April 2016
staying in Witsand, Wes-Kaap
Area safe and quiet but not particularly friendly.
Kerry J. - 28th April 2016
staying in Montagu, Wes-Kaap
Quaint!
Adriaan L. - 28th April 2016
staying in Kleinmond, Wes-Kaap
Lekker rustig.
Jacqueline B. - 28th April 2016
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Kort net meer geskenkwinkeltjies.
Alan N. - 28th April 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Hierdie omgewing en fasiliteite uitstekend vir buitelug aktiwiteite soos trail running en fietsry.
Mercedes D. - 28th April 2016
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Die verkeer vanaf Bloubergstrand tot in Kaapstad is net baie erg, maak nie saak watter tyd van die dag jy ry nie, maar ek dink as jy die busse gebruik is dit dalk beter.
Jan V. - 28th April 2016
staying in Kleinbaai, Wes-Kaap
Gansbaai, Kleinbaai, Franskraal is eintlik 'n een aanmekaar gebied. Die rustigheid en staproetes by Gansbaai was 'n goeie ervaring. Het die see geniet: bankies langs see is gerieflik. Inkopies word op Gansbaai gedoen.
Ray H. - 28th April 2016
staying in West Beach, Wes-Kaap
On the bus route, close to all amenities. Wonderful beach walks, nice night life.
Charlene V. - 28th April 2016
staying in Robertson, Wes-Kaap
Heerlike wegbreek.
Susan S. - 28th April 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Dit is die regte plek om te gaan rus en besig te bly terselfde tyd. Julle sien ons sommer gou weer!
Jolande K. - 28th April 2016
staying in Van Riebeeckstrand, Wes-Kaap
Die beste restaurant is die Damhuis. Kos uit die boonste rakke teen billike pryse. Gaan maak daar 'n draai veral as jy kinders het hulle speel lekker in die speelarea.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]