Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36701 resensies.
"Hermanus is my geboortedorp. Bly my eerste keuse vir vakansie."
"Paternoster is 'n wonderlike dorpie en 'n plek waar mens altyd wil terug gaan - dis net die veiligheid van jou voertuig en die konstante seker maak oor vensters wat moet toe wat mens verskriklik af sit en pla. "
"Pragtige natuurskoon met baie wynplase in die omgewing om na toe te ry. Tulbagh ook 'n móét om te besoek. "
Longacres Country Landgoed, Wes-Kaap
The Stables Cottages"Perhaps up grade on TV as well as DStv channels."
"Vir Gautengers is die omgewing natuurlik onbeskryflik mooi. Die area is baie skoon en netjies en ons het nooit onveilig gevoel nie."
"Ons het die lieflike kortpad na De Rust gery. Oulike dorpie om deur te snuffel."
"Vir my en my metgesel was Sedgefield die perfekte vakansiebestemming, presies waarna ek en my vrou uitgesien het. "
"Ons het al verskeie male in die omgewing gebly - en is mal daaroor om die Swartbergpas te ry - dit is net 'n ongelooflike belewenis om daardeur te ry. Natuurskoon soos min! "
"Vredenburg is lekker sentraal geleë met die nodige geriewe om 'n selfsorgvakansie gemaklik te maak. Sentraal ten opsigte van die omliggende dorpe en strande. Daar is egter nie baie besienswaardighede in die dorp self nie. Netjiese dorp."
"Beste plekkie om ietsie te eet is by The Village Trading Post. Vriendelike diens en lekker kos."
"Heerlike stil, rustige plekkie in die winter. Interessante besienswaardighede in die omgewing en pragtige landskap. "
"Melkbosstrand is vir my en my gesin die ideale bestemming vir vakansies en selfs net 'n kort wegbreek. Mooi strand en bietjie weg van die stede se lawaai en geraas. Rus vir mens se siel. Lekker restaurante en vriendelike mense. "
"Agulhas is a great holiday destination with superb history and natural heritage on offer. The lighthouse is amazing, not for the fainthearted to get to the very top, and the rocky coastline and vegetation in the reserve is exceptional. Friendly and safe and a great getaway from the city."