Is jy so opgewonde soos ons oor die blommeskouspel wat vanjaar ons land ná die goeie reën gaan tref? Talle blyplekke tussen Namakwaland, die Tankwa-Karoo, Weskus en die Sederberg se blomme is reeds tjok-en-blok soos wat opgewonde Suid-Afrikaners bespreek om vars lug én ’n ongelooflike blomme-ervaring te kry. LekkeSlaap.co.za het gaan soek na nog ’n paar plekkies wat beskikbaarheid het sodat jy en jou geliefdes ook vanjaar tussen die blomme kan baljaar.  

Namakwaland en Hantam

Daisy Country Lodge

Buite Springbok, Noord-Kaap

Hierdie oase in die Kalahari-halfwoestyn bied tydens die blomseisoen ’n kleurspel veldblomme en seldsame vetplante, maar regdeur die jaar kan gaste hope gasvryheid, unieke rotsformasies, ’n luisterryke sterrehemel en ’n pragtige uitsig op die koppies en oor die vallei hier geniet. Dit is ook net ’n uur se ry van die Namibiese grens af. Verblyf is beskikbaar in verskeie B&B-gastekamers en ’n selfsorg-eenheid.  

Slaapplek vir 2 tot 4 gaste in verskeie gastekamers en eenhede
Kliek hier vir die tariewe.

______________________________________

Willemsrivier Trekpad Guest Houses

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Daar is ’n spesiale tipe towerkrag oor Nieuwoudtville se blomme. Hierdie kleindorpie naby die Noord-Kaap se grens se blommeprag hou elke jaar vir die een of ander rede langer as enige ander plek in die land en as jy in een van Willemsrivier se tweester-kothuisies tussen die blomme kom oorbly, sal jy dus tussen Augustus en September met ’n kleurespel soos min bederf word! Hierdie skaapplaas is naby die area se blommeroetes en die Hantam Nasionale Botaniese Tuine waarheen verskeie toeroperateurs in die area blommekykers neem. 

Slaapplek vir 2 tot 7 gaste in 12 kothuise
Kliek hier vir die tariewe.

______________________________________

Namaqua Lodge

Vanrhynsdorp, Wes-Kaap

Namaqua Lodge in Vanrhynsdorp is grootliks hierdie dorpie se hartklop. Verblyf is in vyf kamertipes beskikbaar, daar is ’n restaurant en kroeg op die perseel en gaste kan hul troeteldiere saambring as dit vooraf gereël word. Tydens die blomseisoen is hierdie lodge ook die ideale basis vanwaar die streek se veldblomme besigtig kan word, hetsy op ’n selfry-uitstappie of saam met die lodge se veldgidse. 

Slaapplek vir 2 tot 4 gaste in verskeie gastekamers en eenhede
Kliek hier vir die tariewe.

______________________________________

Namaqua Flower Skilpad Camp

Kamieskroon, Noord-Kaap

Op soek na luukse verblyf tussen die blomme? Dan is Skilpad Camp vir jou! Hierdie glanskamptente is elke jaar slegs van Augustus tot einde September oop vir besprekings en bied slaapplek in privaat permatente. Die verblyf sluit ’n heerlike ontbyt, middagtee en ’n driegang-aandete in. Drankies is op die perseel by die kontantkroeg beskikbaar en gaste kan bedags tussen maaltye in die Skilpad-afdeling van die Namakwa Nasionale Park gaan blommekyk. 

Slaapplek vir 2 gaste in 15 eenhede
Kliek hier vir die tariewe.

______________________________________

Môreson Gastehuis

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Hierdie pragtige, geskiedkundige kliphuis in Nieuwoudtville is vir selfsorgverblyf toegerus en het ’n volledige kombuis en braaigeriewe. Gaste kan ook maaltye, gratis WiFi en blomkykwenke by die geaffilieerde Smidswinkel Restaurant op die dorp kry. Nieuwoudtville is daarvoor bekend dat die blomseisoen langer duur as op enige ander plek in die land.

Slaapplek vir 4 gaste in 1 selfsorghuis
Kliek hier vir die tariewe.  

______________________________________

Agama Tented Camp

Garies, Noord-Kaap

Kom ervaar die wêreldberoemde blommeseisoen in die gemak van ’n top-tentekamp. Elke tent het sy eie badkamer en ’n groot dek vanwaar gaste die uitsig en ’n aantal kleinwild kan sien. ’n Tuisgemaakte, Engelse ontbyt is by jou verblyf ingesluit en daar is ’n swembad en ’n boma waar gaste saam kan kuier en ’n drankie kan geniet ná ’n dag tussen die blomme.  

Slaapplek vir 2 gaste in 7 eenhede
Kliek hier vir die tariewe.

______________________________________

Letsatsi Lodge

Vanrhynsdorp, Wes-Kaap

Letsatsi Lodge is al vir jare die ideale wegbreek op die N7 onderweg na Namibië of Springbok, en as jy ’n blommetoer doen, hoort dit ook op jou agenda. Met sy keurige eenhede en vier spoggerige swembaddens is die lodge die perfekte balans tussen luuksheid en bekostigbare verblyf, en die Red Ox Steakhouse op die perseel is vir sy heilsame maaltye en heerlike gebak bekend. Bespreek ook ’n toer deur die inwonende sukkulente-plantekenner terwyl jy hiér kuier. 

Slaapplek vir 2 tot 4 gaste in verskeie eenhede
Kliek hier vir die tariewe.

______________________________________

Tankwa-Karoo

SANParks Elandsberg

Langs die R355, Tankwa-Karoo Nasionale Park, Noord-Kaap

As die Tankwa regtig lekker reën kry, bewys hy sy dankbaarheid in vygies en veldblomme. Die Tankwa-Karoo Nasionale Park, waarin hierdie pragtige kothuisie geleë is, strek oor die grens tussen die Wes- en Noord-Kaap en bied ’n asemrowende uitsig oor die Sukkulente Karoovlaktes. Die huisies is met strooibakstene gebou en werk met gas- en sonkrag, maar moenie dink hulle is so eenvoudig nie! Elke eenheid het ’n privaat swembadjie en ’n binne- en buitebraai!

Slaapplek vir 4 gaste in 4 eenhede
Kliek hier om die tariewe te sien. 

______________________________________

Weskus

Sea Shack

Paternoster, Wes-Kaap

Hierdie unieke, omgewingsvriendelike glanskamp op die waterrant in die Cape Columbine Natuurreservaat bied rustieke strandverblyf in knus, pragtige huisies. Aangesien dit aan die Weskus is, is hierdie streek se blommeskouspel lekker naby. Jou hekfooi vir die natuurreservaat is by die verblyf ingesluit en daar is ’n gemeenskaplike boma met ’n goed toegeruste kombuis, ablusiegeriewe en ’n opwaskamer. Daar is ook ’n skulpieslabirint vir oggend- of aandmeditasie. 

Slaapplek vir 2 gaste in 11 eenhede
Kliek hier om die tariewe te sien. 

______________________________________

Namaqua Flower Beach Camp

Groenrivier, Noord-Kaap

Dié luukse strandkamp is net in Augustus en September oop wanneer die blomme op hulle mooiste is en is een kilometer noord van die Namakwa Nasionale Park se Groenrivier-ingang af. Die kamp beskik oor luukse privaat tente met stoepe wat ’n uitsig oor die Atlantiese Oseaan bied en soggens word gaste met ’n tee- en koffiemandjie by hulle tent bederf. Alle etes, wat deur ’n sjef bedien word, is ingesluit. Alhoewel ’n 4×4 nie nodig is om die kamp te bereik nie, word dit aanbeveel indien gaste die meer afgeleë blomme wil besigtig.   

Slaapplek vir 2 gaste in 15 eenhede
Kliek hier om die tariewe te sien. 

______________________________________

Rietrylaagte Accommodation and 4×4

Trawal, Weskus, Wes-Kaap

Wat is dan nou lekkerder as ’n dag tussen die blomme op ’n plaas en ’n kaggelvuurtjie saans? Min dinge! Rietrylaagte is deel van die klein plaasgemeenskap in Trawal en bied twee kothuise waarin julle kan bly tydens jul blommekyk-wegbreek. Daar is beperkte WiFi en selfoonsein op die plaas, so gehaltetyd is aan die orde van die dag en gaste kan ook ’n paar wildspesies op die plaas sien, 4×4 en fietsry terwyl hulle hier is.  

Slaapplek vir 8 gaste in 2 eenhede
Kliek hier om die tariewe te sien. 

______________________________________

Blombosch Lodge

Yzerfontein, Weskus, Wes-Kaap

Bring vir Wagter saam vir ’n wonderlike tydjie tussen die blomme! Blombosch Lodge bied rustieke verblyf net buite Yzerfontein wat met gas en sonkrag aangedryf word en daar is verskeie eenhede om van te kies: van huise, tot kothuise en ’n lodge. Die lodge is naby verskeie nasionale parke in die area waar gaste blomme kan kyk en daar is ’n dam met baie voëlspesies tussen die biesies, asook 4×4-roetes vir meer avontuurlustige gaste om te verken. 

Slaapplek vir 53 gaste in verskeie eenhede
Kliek hier om die tariewe te sien. 

______________________________________

Thali Thali Game Lodge

Weskus, Wes-Kaap

Lus vir wildkyk én blomkyk? Thali Thali Game Lodge bied B&B- of selfsorgverblyf in glanstente, chalets en ’n plaashuis reg oorkant die Weskus Nasionale Park waar jy van dié streek se mooiste blomme kan sien. In die namiddag kan jy dan ’n wildrit agterop ’n oop safari-voertuig geniet en saans kan julle in die lapa kuier. 

Slaapplek vir 28 gaste in 8 eenhede.
Kliek hier vir die tariewe. 

______________________________________

Sederberg

Bushmans Kloof Wilderness Reserve

Pakhuispas, Wes-Kaap

Ou sandsteenformasies en ’n asemrowende landskap omring hierdie bekroonde hotel in die Sederberg. Dit is ’n toevlugsoord wat vir sy besonderse ekologiese projekte en die bewaring van onder andere 130 San-rotstekeninge erken is. Alle etes is ingesluit wanneer jy hier kom afskakel en daar is aktiwiteite soos begeleide rotskunsbesigtiging, sonsondergangwildritte, spa-behandelings, voetslaan, bergfietsry, kanovaart en swem in rotspoele op die reservaat wat gaste kan geniet, om nie te praat van die blommeprag in seisoentyd nie.

Slaapplek vir 2 gaste in 3 tipes eenhede
Kliek hier om die tariewe te sien.

______________________________________

De Pakhuys

Buite Clanwilliam, Wes-Kaap

In die skilderagtige Agter-Pakhuisvallei op pad na die historiese dorpie Wuppertal, skuil De Pakhuys se vier selfsorg-kothuise, twee glanshouthuise en twee luukse grasdakeenhede waarin jy en jou geliefdes, asook julle troeteldier kan kom afsaal. Hier kan jy tussen die Sederberg se kenmerkende rotsformasies klim en klouter, voetslaan en bergfietsry, of jou weg na San-rotstekeninge en die Biedouwvallei se veldblomme baan. 

Slaapplek vir 2 tot 5 gaste in 8 eenhede
Kliek hier om die tariewe te sien.

______________________________________

Kagga Kamma Nature Reserve

Buite Ceres, Wes-Kaap

Hierdie natuurreservaat, wat bekend is vir sy natuurskoon en dramatiese rotsformasies, bied verblyf in besonderse grot-suites wat met die natuurlike sandsteenformasies saamsmelt en ’n uitsig oor die Groter Sederberg-omgewing bied. Daar is antieke rotsskilderye, ongelooflike inheemse plantegroei en dierspesies om uit te ken, om nie van die helder sterrehemel te praat nie. Die lodge het ook ’n restaurant wat ontbyt, middagete en aandete bedien, of gaste kan hul aandete in die boma onder die sterrehemel geniet.

Slaapplek vir 2 gaste in die 4 eenhede
Kliek hier om die tariewe te sien.

______________________________________

Alpha Excelsior Guest Farm

Clanwilliam, Sederberg, Wes-Kaap

Die allerpragtigste verblyf in knus karavane, ’n groot lodge of afgeleë huisies tussen die plante — dís wat jy by Alpha Excelsior Guest Farm kan verwag. Hierdie plaas hoort op jou besoek-lysie, veldblomme of te not! Hier is ’n plaasdam waar gaste kan swem en kajakvaar, hulle kan wyn en olyfolie by die Rugged Rock Winery op die perseel proe en daar is soveel paadjies tussen die plante deur, stappers se voete sal sommer begin jeuk van die avontuur en plesier. Die plaas is net anderkant die Pakhuyspas in die Rocklands-vallei geleë en die area is veral vir sy veldblomme, Khoisan-rotskuns, rotsklim en “bouldering” bekend. Die beste van als? Jy kan jou hond saambring!

Slaapplek vir 36 gaste in verskeie eenhede
Kliek hier om die tariewe te sien.

______________________________________

So, plant nou jou vakansiesaadjie vir hierdie jaar se blomseisoen en bespreek vandag nog jou verblyf tussen die blomme!

Hooffoto: Rietrylaagte Accommodation and 4×4 op LekkeSlaap.co.za