Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Vir ons wat in die Kaap woon, is Yzerfontein die ideale vakansiebestemming - veral vir 'n kort wegbreek. Dis nie te ver nie, dis pragtig en dis 'n netjiese en skoon kusdorp met genoeg verblyf."
"'n Wonderlike juweel van 'n dorp met ongelooflik baie om te doen!! Inteendeel so ek aanbeveel mens bly langer daar oor aangesien daar soveel besienswaardighede is!"
"Wonderful whale sighting spot, 91 whales in bay today (aerial spotting), will definitely be back."
"Ons was baie verras oor die netheid van die toilet geriewe, dis iets wat die munisipalitiete van die Weskus en Kaapstad dalk tips by kan kry. Nêrens moes ons rondsoek vir kleingeld om hulle geriewe te gebruik nie en orals was skoongeriewe en 2 ply toiletpapier. Oral was iemand altyd beskikbaar om te help. Meiringpoort is ñ goeie voorbeeld waar skoongeriewe en sekuriteit beskikbaar was by alle rus stop plekke."
"Ek was baie beïndruk met die plek. Sal weer daar kom bly. Dis waarde vir geld. Sal die akkommodasie vir ander aanbeveel."
"Lovely coastal village with an interesting history and perfect for coastal running and walking. "
"Dis baie hartseer dat die Voëleiland toe is sonder enige verduideliking van Natuurbewaring. Mens vind eers hiervan uit as jy daar is. Die mense van Lambertsbaai is baie gasvry en die restaurante waar ons geëet het is tops! Jammer dat daar baie werkloses is wat bedel en karwagte by die hawe wat half aggresief raak teenoor mens as jy nie volgens hulle verwagtinge 'tip' nie."
"Ek verstaan nie die neiging om alles wat roes en stukkend is ten toon te stel op die werwe van meeste van die oorblyplekke en restaurante nie. Verder is Route 62 definitief 'n wonderlike toeriste-ervaring."
"Dis 'n pragtige dorpie met oulike winkeltjies. Ons was wel in die week daar en op 'n Dinsdag. Baie van die winkels en restaurante was toe en die wat wel oop was het al rondom 3:30 of 4uur gesluit."