Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Die plek is netjies en skoon en word goed onderhou. Die mense in Danabaai is baie vriendelik en behulpsaam."
"Ons bly elke jaar verskeie kere daar, weg uit Knysna se gewoel maar naby al die besoekersopsies van die omgewing."
"Wees voorbereid: geen kafees of wegneem ete plekke na ure nie, en min op Sondae. Beplan dus om voor 19:00 in die aand daar aan te kom anders gaan jy honger slaap. Neem muskietwerende goed saam . Die hele land se muskiete kom hier bymekaar wanneer die son sak."
"Wat 'n pragtige, goed bewaarde en aangename dorp, in 'n pragtige omgewing en soveel om te bied. "
"Die dorp is baie skoon en netjies nou en baie minder bedelaars in dorp en die pad uit is ook baie netjies. Dit is 'n baie mooi dorp en geboue/wonings baie netjies."
"Milnerton is nice, however close to Rugby. That is not the nicest/safest place on earth. I didn't feel safe exploring the area in the evening."
"Beaufort-Wes is 'n oulike plekkie en ons geniet dit altyd om daar deur te ry!"
"Absolutely stunning setting. Quiet little hidden gem off the beaten track with Fryer's Cove Winery in the most unusual setting. Beautiful walking/mountain biking trails along the coastline."
"Pragtige ou klein plekkie wat redelik sentraal geleë is tussen Mosselbaai, Stilbaai en Riversdal. Soos die joggie by die brandstof hawe kla: "Daar is nie veel te doen hier nie madam". Maar soms, wil ons mense van die stad, regtig nie veel doen nie. Die rustigheid is genesend en die stilte restorerend. In die stilte vind jy juwele in mense en klein winkeltjies en stil grond paadjies na vriendelike tannies en ooms wat lekker baie kan praat terwyl jy gelukkig nie een woord hoef te uiter nie. "
Breede River Valley, Western Cape
Flatlets @ Kaleo Guest Farm"Baie mooi. Net jammer dis nou droog en die berge het skade gelei met 'n veldbrand."