Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6800 resensies.
"Baie lekker strand - klomp besienswaardighede in kort afstande rondom strand. "
"Lekker rotspoele vir kleintjies om in speel en getypoel vir swem. Branders bietjie te rof. Ideaal vir gesin, lekker visvang vir die manne."
"Estcourt self bied nie veel behalwe `n geleentheid om die Wagensdriftdam van nader te beskou en indien jy nie bang is vir slegte paaie nie ook `n geleentheid om Gaints Castle te besoek."
"Ons ken Richardsbaai al baie jare. Die weer is middelmatig. Voordat dit te warm word dan koel jy af met 'n windjie of reën."
"Die ligging is vir my goed en maklik bereikbaar, en daar is oorgenoeg eetplekke. "
"Margate sal beslis sy polisie teenwoordigheid op die strande en in die strate moet opskerp! Meer asblikke vir papiere en bottels moet beskikbaar gestel word!"
"Howick het my beïndruk. Daar is genoeg oulike winkeltjies en eetplekke om seker te maak dat ek weer daar sal oorbly as ons weer Midlands besoek. "
"Was self nog nie daar nie, maar moet seker baie aangenaam wees. Dink pryse is deesdae nogal hoog."
"Daar was 'n water beskikbaarheids probleem wat ons verblyf definitief negatief beïnvloed het. Ons het laat die middag arriveer en vroeg die volgende oggend vertrek."
"Manaba is 'n baie besonderse plek, sy ligging is weg van die gewoel en beskik oor die rustigheid wat mens nodig het om te ontspan, maar is ook naby aan die gewoel vir mense wat daarvan hou, so ek sal sê twee vlieë met een klap."
"Dis 'n heerlike vakansie naby winkels en die South Coast Mall. Baie eet plekke en strande. Buite seisoen is dit 'n fees!"
"Die omgewing waar die Montusi Self-Catering Cottages is, is pragtig. "
"This was the perfect beach for us as a family, seeing as everything is close by. Well sought out beach!"