Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.06 uit 5 gekry volgens 3895 resensies.
Werner R. - 12th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie goed geleë vir reisigers wat Kaap toe ry.
Willem B. - 11th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Was aangenaam verras met die dorpie!
Bertie C. - 11th January 2015
staying in Springbok, Noord-Kaap
Groot aanbeveling vir die blommeseisoen!
Mandi B. - 11th January 2015
staying in Hanover, Noord-Kaap
Hanover is klein en stil, maar het baie potensiaal. Dit is die ideale plek om te rus na en voor 'n lang dag se ry.
Yvonne B. - 11th January 2015
staying in Hartswater, Noord-Kaap
Die dorpie was bietjie slordig en vuil, baie papiere en rommel op straat.
Dee R. - 10th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Colesberg is an ideal location as a stopover between Cape Town and Johannesburg. It has some delightful restaurants offering excellent quality foods.
Retha D. - 10th January 2015
staying in Hopetown, Noord-Kaap
Soos elke plattelandse dorp is die plek maar verwaarloos en strate in 'n toestand - dankie tog vir ordentlike oorslaap fasiliteite!
Jan G. - 10th January 2015
staying in Springbok, Noord-Kaap
Het nie lank genoeg vertoef om terugvoering te gee. Wat ons gesien het was om van te hou!
Marita C. - 10th January 2015
staying in Hopetown, Noord-Kaap
Klein plattelandse dorpie met gawe mense en nogals mooi natuurskoon. Het ook draai in Orania gemaak, was verras met die dorpie. Die garage by ingang van Hopetown het die heerlikste tuisgemaakte wilds en kerrieskaap pasteie. Ons verkies om die minder bekende agterpaaie te ry en ontdek sodoende juwele in ons land.
Ig F. - 9th January 2015
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Ons het die vulstasie gesoek - kan beter aangedui word uit die hoofstraat.
Henk L. - 9th January 2015
staying in Hopetown, Noord-Kaap
Hopetown is tans in 'n vervalle toestand.
Judith T. - 9th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ons voertuig het onklaar geraak. Die auto electrician by die Caltex garage is 'n wonderlike aanwins vir die dorp. Hy het groot probleem uitgesorteer teen baie billike tarief buite normale kantoorure. Die Plattelander restaurant is beslis ook groot aanwins en waarde vir geld.
Heiletta S. - 8th January 2015
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Te min restaurante beskikbaar om uit te eet.
Werner M. - 8th January 2015
staying in Richmond, Noord-Kaap
Richmond is almost exactly halfway between Cape Town and Johannesburg and is a good overnight town to visit, whilst travelling between the two.
Daleen V. - 8th January 2015
staying in Richmond, Noord-Kaap
Ons was op 'n Saterdagmiddag daar, en alles was toe. Gelukkig is daar 'n restaurant wat oop was en ons kon daar lafenis kry en eet - basies, maar heel lekker.
Louise R. - 8th January 2015
staying in Sutherland, Noord-Kaap
'n Belewenis. Dankie vir gasvryheid!
Sharon P. - 8th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
We have been overnighting at Colesburg for years and find it perfect as an overnight destination. Restaurants should be marketed more though. The OK (shop) is really well stocked and useful.
Riaan V. - 7th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Mooi, skoon en vriendelik.
Kathy B. - 7th January 2015
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Baie nice dorpie, sal enige tyd weer daar gaan kuier, mooi skoon en rustig!
Herman082 K. - 7th January 2015
staying in Hopetown, Noord-Kaap
Had little time to explore Hopetown, but will certainly visit again.
Malvin K. - 7th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Excellent place to stay if you travel between Cape Town and Joburg.
Jacolien S. - 7th January 2015
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Sutherland is baie meer as net sterrekyk. Sou definitief nog so paar dae daar wou spandeer om die res te sien en te beleef.
Annelie B. - 6th January 2015
staying in Springbok, Noord-Kaap
Ongelukkig nie lank genoeg in Springbok vertoef om dit as 'n toeriste-bestemming te kan ervaar nie. Dis egter 'n pragtige, skoon dorp met baie vriendelike mense!
Annetjie S. - 6th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Dit is 'n pragtige dorpie met 'n stil en rustige atmosfeer. Goed vir die siel!
Phia K. - 6th January 2015
staying in Britstown, Noord-Kaap
Baie stil.
Vivienne R. - 5th January 2015
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Dit is 'n oulike dorpie, met baie gasvrye mense.
Thinus O. - 5th January 2015
staying in Augrabies, Noord-Kaap
'n Juweel in SA se toerisme-beursie.
Chrisna V. - 5th January 2015
staying in Britstown, Noord-Kaap
Ons ervaring is dat die dorp nie regtig voorsiening maak vir kos koop nie ... So vat maar jou eie goedjies saam.
Etienne O. - 5th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Net een aand oorgeslaap. Ken nie die dorp nie.
Rensche R. - 5th January 2015
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Daar is baie te sien in die omgewing en mens kan gerus Keimoes as jou basis kies om rond te ry na die verskillende besienswaardighede.
Samuel P. - 5th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Dis n stil dorpie met nie veel om te sien nie.
Odelia G. - 5th January 2015
staying in Hanover, Noord-Kaap
Ons het ongelukkig so laat arriveer dat ons nie Hanover kon verken nie. Was wel by die pragtige kerk. Sou graag meer van die dorpie wou sien!
Gerhard V. - 5th January 2015
staying in Britstown, Noord-Kaap
Die kerk is steeds mooi. Huise oorkant die kerk lyk interessant, maar is nou verwaarloos. Ek sal nie die dorp as sodanig aanbeveel nie.
Jan H J. - 5th January 2015
staying in Cassandra, Noord-Kaap
Baie besienswaardighede!
Hermann S. - 5th January 2015
staying in Noord-Kaap
'n Landskap op sy eie!
Adrie E. - 5th January 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Colesberg is a very cute little town with lovely potential.
Riaan V. - 5th January 2015
staying in Springbok, Noord-Kaap
Lieflike dorpie. Sal weer soontoe gaan.
Rinalia K. - 4th January 2015
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Dit was baie teleurstellend. Die inligting word swak weergegee. Naweke is die plek doodstil en kan mens niks na een uur op Saterdagmiddag besoek nie. Ons kon nie die teleskoop besoek nie, aangesien daar geen dagtoere oor die naweek is nie.
Rudi B. - 4th January 2015
staying in Hanover, Noord-Kaap
Daar kan beslis meer gedoen word om Hanover te bemark as middelpunt tussen JHB en Kaapstad.
Elsie N. - 3rd January 2015
staying in Britstown, Noord-Kaap
Ek was ongelukkig nie in die dorp self nie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za