Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7949 resensies.
"As 'n gebore Vrystater wat nou in KZN woon, was dit met 'n gedeelde hart dat ek die eenvoudige skoonheid kon ervaar, maar ook die TELEURSTELLING van die Aliwal Noord Spa. Die droogte was hartverskeurend. 'n GROOT pluspunt is die ongelooflike mooi kerke in die klein dorpies al die pad Kaapstad toe. Ons het die Sondagaand na die kerksangdiens in Rouxville se kerk gegaan. Asemrowend!"
"Gerig op buitelandse kliënte. Inkopies is te duur! Items behoort 'n Rand en Dollar prys te hê."
"Bethlehem is 'n goeie middelpunt waarvandaan verskeie besienswaardighede in die Oos-Vrystaat besoek kan word. "
"Ons is baie verlief op Clarens, ongelukkig is die pryse in die verskillende winkels so dat jy nie regtig kan bekostig om iets te koop nie. Die eetplekke se pryse is nog binne perke."
"Clarens is so sentraal aan baie vakansie aktiwiteite insluitend perdry in Golden Gate, staproetes in Golden Gate, Ziplining, White water rafting, putt-putt, vierwielmotorfietsritte, gholf, staproetes in die Clarens Beware, tennisspeel, visvang ens. Ons kom altyd huistoe uitgerus en vervul na 'n Clarens vakansie."
"Not too bad. Shops and restaurants were a bit hard to find."