Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7776 resensies.
"Ek was verras met die oulike winkels - geboue waar Die Kaktus is. Ek het ook gehoor dat die aspersies so goedkoop is by die Kaktus (R20) vir 'n kilogram, maar ongelukkig het die trok nooit die Saterdag (selfde dag as Kersiefees) afgelewer nie - ek dink dit sou 'n gulde gleentheid gewees het om besigheid te maak siende dat daar duisende mense opgeruk het vir die Kersiefees. "
"Clarens is een van ons gunstelling naweekwegbreekplekke. Ons het die kans benut om ook deur te ry na Ficksburg se kersiefees wat net 'n uur se ry verder is. Daar is so baie om te doen in en om Clarens dat 'n naweek net nie genoeg tyd is nie. Definitief een van die juwele in ons pragtige land."
"Lovely little town with its nice restaurants and antique little shops."
"First time in Senekal, beautiful little town with some stunning buildings, only saw the town so not sure what else is out there, but definitely a place to see if only for the beautiful church."
"Dis 'n pragtige plek met die oulikste winkels en eetplekke. Netjiese en baie goeie toeruste bestemming. Sal weer gaan."
"Die ingang vanaf Fouriesburg met plakkerskamp oorkant gholfbane skep 'n swak indruk. Die winkels in Clarens wat "fabrieks vervaardigde" kuns en ornamente verkoop asook die kruidenierswinkel doen afbreuk aan Clarens se karakter."
"Ek is nie lief vir Bloemfontein, want sy weer is van een uiterste na ander. Baie warm na baie koud."
"Dit is nie almal se smaak nie en jy moet gebou wees om daar te bly maar dit is 'n ander tipe natuurskoon, lyk netjies en skoon met die landskap wat so dol en leeg is met net grasvelde en koppies waar jy kyk. "
"Uitstekende bestemming vir 'n naweek vergelykbaar met dorpe soos Dullstroom of Franschhoek, langer as dit, teensy jy net wil boeklees en rus het Clarens beperkte aktiwiteite."
"Clarens is 'n juweel van 'n toeristebestemming met soveel om te doen. Dis iets anders as die alledaagse plattelandse dorpie. Ek geniet veral die brouery. Ons sal verseker meer gereeld soontoe gaan."
"'n Mooi gedeelte van Bloemfontein. Die tyd het ons nie toegelaat om Universitas beter te verken nie."
"Die Vaalrevier is 'n aantrekking en ek sal weer in die omgewing kuier."
"Dit is regtig 'n stunning, mooi, rustige dorpie. 'n Lekker verandering van die vinnige pas van Johannesburg. Die wegbreekie was net die regtig ding. Daar is ook genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Clarens Brewery is amazing verby, Vene die tattoo artist is 'n moet (as jy 'n tattoo mens is) en natuurlik Bokpoort Cowboy Ranch was 'n belewenis. Ek kan nie wag om weer te gaan nie."