Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 12223 resensies.

Parys, Vrystaat

Klipdrif Guest House

"Dis 'n oulike dorpie met heelwat om te doen. Die inwoners is vriendelik en gesels graag. Besoek gerus O's Restuarant waar jy in 'n pragtige tuin langs die rivier heerlike geregte kan geniet. Maak seker dat jy Oppiplaas besoek en help dan om die koeie te melk om 09:00 op 'n Saterdagoggend. Die eienaars Reiki en Stan is besonderse mense en maak 'n punt daarvan om met die gaste te gesels. Hulle laat jou dadelik tuis voel. Regte mens-mense. Geniet egte moerkoffie met varsgebakte skons of 'n regte boereontbyt. Hoi Polloi restuarant, Ugly duckling winkel en Pont de Val is beslis ook die moeite werd om te besoek. Bespreking by Pont de Val is egter verpligtend. Wees egter op jou hoede vir die plaaslike verkeersmanne wat oor naweke in die aande gretig is om die besoekers die pypie te laat blaas. Ongelukkig maak sekere restaurante reeds 17:00 op 'n Vrydagmiddag toe. Maak dus voor die tyd seker waar jy gaan eet. "

Universitas Ridge, Vrystaat

Grace Cottage

"Keurige area, maklik bereikbaar, gevoel van veiligheid."

Fouriesburg, Vrystaat

Die Ou Pastorie

"Klein en baie rustig. Lekker om te kan rus en wegkom van alles."

Philippolis, Vrystaat

Philippolis Hotel

"It could be nice if the rooms could have TV and WiFi."

Gariepdam, Vrystaat

Abancidou Lodge

"Will definitely recommend it to anyone looking for a peaceful rest before travelling further."

Bloemfontein, Vrystaat

Akwela Guest Farm

"Die dorp is baie verwaarloos."

Clarens, Vrystaat

Jovali

"Clarens is baie gefokus op die toeristemark, so dis bietjie duur om iets daar te koop. Nie al die winkeltjies nie, maar wel meeste van hulle. Die dorpie self is mooi en die berge in die omgewing (Golden Gate) is asemrowend."

Harrismith, Vrystaat

Village Lodge Harrismith

"Toestand van strate baie sleg. Die mense met wie ons te doen gehad het baie vriendelik en behulpsaam. Jammer dat die dorp, soos soveel plattelandse dorpe, so agteruit gegaan het."

Trompsburg, Vrystaat

Fox Den Guest House

"Dis landelik en stil met 'n paar winkels en petrolstasies."

Clarens, Vrystaat

Bergview 154 Clarens

"Baie mooi wêreld en oulike dorpie. Koop vleis en bykosse by die huis en vat saam. Baie basiese produkte beskikbaar in Clarens."

Clarens, Vrystaat

Guddle Burn Farm Stay

"Die omliggende omgewing is baie mooi en die dorp is heeltemal ingestel op toerisme, wat dit 'n baie lekker naweekwegbreek maak."

Waverley, Vrystaat

Lizbe Accommodation

"Safe and pretty suburb."

Gariepdam, Vrystaat

Abancidou Lodge

"Vir my is dit die beste plek om oor te slaap op pad Kaap toe."

Clarens, Vrystaat

Birch Cottage

"Clarens is koning en staan glad nie terug vir enige ander toeristedorpie in SA nie. Selfs die pad vanaf Gauteng is opgradeer en jy kan nou maklik in net meer as 3 ure vanaf Pretoria na Clarens reis! Die enigste kritiek t.o.v. ons besoek aan Clarens was dat die braaihout, sowel as kaggelhout, wat ons by die onderste petrolstasie gekoop het, grasgroen, en dus onbruikbaar was! "

Harrismith, Vrystaat

Platberg Cottage

"Lekker breë strate. Weg van die N3 se geraas. Lekker halfpad van die Rand na die see. Pragtigste ligging aan die voet van die berg. Sterkte met die waterprobleem. "

Ladybrand, Vrystaat

Little Rock

"Die munisipaliteit kan net asseblief iets aan die strate in Ladybrand doen."

Clarens, Vrystaat

Dragonfly Self-catering and Bike Rescue

"Meeste winkels onbetaalbaar duur, maar pragtige dorpie om deur te loop."

Fouriesburg, Vrystaat

Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue

"Vriendelike en opregte inwoners. Voel soos familie. "

Clarens, Vrystaat

Clarens Mountain Sage Self-catering

"Dis 'n pragtige dorpie en baie rustig. Sal graag weer daarvan gebruik wil maak."

Fichardt Park, Vrystaat

Angels Haven Guesthouse

"Rustig omgewing, maar tog naby genoeg aan alles."

Parys, Vrystaat

The White Giraffe

"Baie oulike dorpie vir 'n vinnige wegbreek."

Clarens, Vrystaat

Collett House

"Clarens is 'n baie oulike dorpie. Dit was ons eerste keer daar, het deur die Golden Gate Nature Reserve gaan ry, was baie mooi en kon soveel mooi foto's neem. Sondag het ons deur die dorp gaan stap. Dit was so lekker en mens voel so veilig! Daar is baie winkels om te besoek en al die winkel eienaars en/of assistente is so vriendelik en behulpsaam. Was 'n plesier om 'n naweek daar te spandeer!"

Clarens, Vrystaat

Thaba Lapeng Mountain Escape

"Onbeskryflike mooi natuurskoon."

Parys, Vrystaat

Kondensmelk

"A piece of heaven!"

Heilbron, Vrystaat

96 On Bree Guesthouse

"Daar is baie om te doen en sien in Heilbron, veral verwysende na geskiedkundige gebeure en plekke!"

Clarens, Vrystaat

Francisco Guesthouse & Villa Clarens

"Pragtig en regtig baie besonders."

Blad
Blad 274 - Wys 8191 tot 8220
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem