Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Stilbaai is skoon en netjies en alles tot jou beskikking. Daar word baie goed gekyk na strate en sypaadjies, en daar is nie kwaaddoeners wat rondloop nie. Absolute plus vir Stilbaai."
"Ideaal om oor te bly vir besoeke aan die wynplaas. Alles en nog was in Stellenbosch beskikbaar, en al die restaurante waar ons was, het nie teleurgestel nie."
"Hermanus is 'n heerlike toeristebesteming, waar jy kan ontsap terwyl jy die branders hoor."
"Gordonsbaai en suidelike gedeelte bied baie meer as die normale besoedeling. Minder verkeer, rommel en natuurskoon van Kaapstad self. Die dorp is skoon en winkelsentrums bied alles wat nodig is en nog meer."
"Yzerfotein self het nie veel om te doen nie, maar mens kan baie rondry en plekke gaan besoek."
"Nie veel om te doen nie en die museum vra te veel vir toegang. Was daar vir sportbyeenkoms en die Spur se kos was baie lekker."
"Dit is 'n rustige omgewing met baie privaatheid vir onvergeetlike kuiers. Sentraal geleë vir die wat wil uitwyk na kuierplekke en winkeltjies."
"Excellent tourist destination. Bird watching. Elephant park. Nice restaurants."
"Feitlik al die winkels en sommige eetplekke in Paternoster is "grossly overpriced". Elke persoon besluit egter darem mos self wat hulle bereid is om vir enige item te betaal. Die dorpie bly egter 'n moet op almal se toerisme-bestemmings! Ons het 'n baie lekker ete by die Seekombuis gaan geniet teen "gewone pryse"?"