Nog altyd gewonder hoe dit sou wees om binne-in ’n kokosneut te bly? En wat van ’n aand in ’n swierige graansilo of ’n opgedollie-de voortrekkerwa? Dan is daar natuurlik die opsie om op ’n skip in die middel van die Karoo te bly, of in ’n “gestrande” trein. Met LekkeSlaap se keur gerieflike dog vreemde verblyfopsies, sal jou volgende vakansie allermins vervelig wees!

Buff and Fellow Eco Cabins

Naby George

Buff and Fellow Eco Cabins

Die kokosneut-villas by Buff and Fellow het elk spoggerige dekor en bied slaapplek aan twee tot ses gaste. Elke villa het sy eie houtvuur-warmbad, kombuisie, kaggel en braaigeriewe ─ dat ’n kokosneut nou só gerieflik kan wees! Kom rus in styl hier, verken die Tuinroete, of bly bloot tuis en geniet ’n wynproe, wildkyk en visvang op die perseel.

Kliek hier vir die tariewe. 

Garden Route accommodation

________________________________________

Osfontein Antieke Klip Guesthouses and Treehouse

Naby Carnarvon

Osfontein Antieke Klip Guesthouses and Treehouse

Korbeelhuise is koepelvormige strukture wat met groot vaardigheid uit konsentriese baksteensirkels gebou is. Van die fondasie tot die nok van die dak ─ alles net bakstene! Hierdie koepelvormige, wit huisies is uniek aan die Noord-Kaap en vorm nogal ’n koddige gesig waar hulle soos reuse-eiers in die vaal vlaktes staan. Bring vier van jou geliefdes en die troeteldiere saam en kom kuier onder die Karoo-sterre by Osfontein.

Kliek hier vir die tariewe. 

corbelled house

________________________________________

Glen Eden Farm Guest Cottages

Naby Montagu

Montagu Accommodation

Sit vir boetie in kruisbande en vir sussie in ’n kappie ─ julle gaan Voortrekker-Voortrekker speel! By Glen Eden Farm Guest Cottages op Roete 62 tussen Montagu en Barrydale kan die gesin in ’n luukse weergawe van ’n ossewa (miskien meer van ’n Signeuner-waentjie) en ’n tipi-tent langsaan slaap. Wagter is ook welkom, en visvangers sal op die perseel kan hengel. 

Kliek hier vir die tariewe. 

Glen Eden Farm Guest Cottages

________________________________________

Fairview Estates

Naby Fouriesburg

Fairview Estates

Daar is ander luukse eenhede op hierdie prentjiemooi plaas in die Vrystaat ook, maar vir ons is die silo-eenheid, oftewel die Twin Towers, wat in die middel van ’n alpakka-weiveld staan, dié plek om te bly. Hierdie drieverdieping-silo is stylvol versier, het slaapplek vir agt gaste en is gerieflik ingerig met DStv, ’n vuurput en ’n groot kuier-area. 

Kliek hier vir die tariewe. 

Fouriesburg Accommodation

________________________________________

Gypsy Glamper Wagons

Clarens

Gypsy Glamper Wagons

Sit klokkies om jou enkels en kom hou jou lyf sigeuner in Clarens! Elk van Gypsy Glamper Wagons se 4 waentjies is na ’n bekende sigeuner-vrou vernoem en bied slaapplek aan twee gaste. Die waens is in tradisionele gypsy-styl versier, maar het geriewe soos WiFi en ’n buite-sitarea met hangmatte vir die moderne reisiger. Elke wa het ook sy eie basiese kombuisie en badkamergeriewe. 

Kliek hier vir die tariewe. 

Clarens accommodation

________________________________________

Sycamore Avenue Treehouse Accommodation

Mooirivier

Natal Midlands accommodation

Voel asof jy in die hartjie van ’n boom slaap wanneer jy in een van Sycamore se boomhuisies ontspan. Die boomhuisie het slaapplek vir twee tot ses gaste, spog met pragtige houtafwerkings en sommige huisies het kaggels vir die koue wintermaande. Gaste kan hul maaltye in die hoof-lodge se eetarea met ’n uitsig oor die Natalse Middellande geniet en komplimentêre warm drankies word voorsien.

Kliek hier vir die tariewe. 

Sycamore Avenue Treehouse Accommodation

________________________________________

Naries Namakwa Retreat

Namakwaland

Naries Namakwa Retreat

Naries se koddige grashuisies is op die rand van die Spektakelberg tussen Springbok en Kleinzee geleë en bied ’n pragtige uitsig oor die Namakwaland ─ veral in die veldblomseisoen wanneer die semi-woestyn in ’n kleurvolle lushof ontpop. Hierdie luukse lodge is ideaal vir ’n romantiese wegbreek en bied heerlike maaltye en vriendelike personeel wat julle verblyf onvergeetlik sal maak.

Kliek hier vir die tariewe. 

Namaqualand accommodation

________________________________________

Mount Noah Lodge

Oudtshoorn

Mount Noah Lodge

“Onder water!” Dis wat David Kramer sing oor die Karoovlaktes van miljoene jare gelede, en by Mount Noah Lodge, ’n versameling huisbote op ’n koppie in die Klein-Karoo, sal jy gereed wees wanneer die Karoo eendag weer ’n see is! Bring jou geliefde of die gesin saam en kom speel kaptein van jou eie skip wanneer jy weer in die Volstruishoofstad kuier. Daar is ook ’n swembad op die perseel, so die waters is darem nie te ver nie.

Kliek hier vir die tariewe. 

Oudtshoorn Accommodation

________________________________________

The Shire Eco Lodge

Naby Stutterheim

The Shire Eco Lodge

As jy ’n aanhanger van The Lord of The Rings en ander fantasieverhale is, val The Shire, ’n sonderlinge, sprokiesagtige lodge aan die rand van die inheemse Xholora-woud in die Amatolaberge, so reg in jou kraal. Die woudagtige omgewing waarin dit geleë is, sal ook jou avontuurlus laat opvlam. So, bring jou troeteldier en drie geliefdes saam en kom bly in een van hierdie lodge se twee selfsorg-eenhede aan die rand van die bos.

Kliek hier vir die tariewe.

Stutterheim accommodation

________________________________________

Santos Express

Mosselbaai

Mossel Bay accommodation

Sedert die Santos Express in 1994 sy laaste tjoe-tjoe tot op Santosstrand in Mosselbaai ge-tjoeke-paf het, verskaf dit slaapplek met ’n onverbeterlike ligging in een van Suid-Afrika se mees geliefde somervakansiebestemmings. Dié gewilde trein bied verblyf aan tot 94 gaste per nag en lok veral reisigers wat nie die romanse van treinverblyf of die klank van branders kan weerstaan nie! Hier is ook ’n restaurant wat al van 07:30 af oop is sodat jy vinnig kan eet en jou na die strand haas.

Kliek hier vir die tariewe.

Santos Express

________________________________________

Van vreemd en fantasties, tot wonderlik en weelderig, by LekkeSlaap.co.za kry jy iets vir élke vakansie. Besoek gerus ons webtuiste vir nog duisende opsies te kies en te keur ─ vakansie moet mos nie vervelig wees nie!

Hooffoto: Glen Eden Farm Guest Cottages op LekkeSlaap.co.za