Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Perfekte halfpad-stop opreis na Wes-Kaap toe. Plattelander restaurant altyd 'n hoogtepunt van ons vakansie."
"Die rustigheid daar is aanvoelbaar en word dit nie verniet 'n gaste plaas genoem nie. "
"Prins Albert is 'n dorp vol geskiedenis en interessanthede. Dis besonders om die dorp van meer as 250 jaar oud te bewonder, met sy leivore, ou geboue, antieke grafte en groot bome. Heelwat restaurante om van te kies. Maak seker om ver vooruit te boek vir aandete as mens in vakansie seisoen soontoe gaan. Die hotel het 'n heerlike ontbyt plekkie en 'n Gin bar met 'n verskeidenheid plaaslike gins. Die dorp se kerk is pragtig en het sulke mooi ou huise. En as jy daar is, doen jouself n guns en ry die Swartberg pas, dit kan met 'n gewone kar gedoen word, en is regtig iets besonders om te sien. "
"Die dorp en die Kamdeboo Nasionale Park regverdig beslis meer as een dag se besoek."
"Colesberg is 'n pragtige klein Karoo dorpie en ideaal vir oornag na Kaapstad of Port Elizabeth. Maar om dit as 'n toeristebestemming te beskryf is miskien 'n "stretch". Ons het aandete geniet, binne loopafstand van The Barracks, by Die Plattelander en dit was ook n baie aangename ervaring. Goeie kos, goeie wynlys en baie vriendelike en goeie diens."
"Victoria-Wes is 'n charming klein dorpie met veel te sien - die kerk wat Kersmusiek gespeel het in die oggend en aand was 'n hoogtepunt om ons in die vakansieluim te kry. Die Anglikaanse kerk het 'n mooi storie agter hulle loodglas vensters en die Apollo Teater se art deco styl kan net bewonder word. Daar is ook staproetes in die reservaat. En natuurlik 'n lekker restaurant vir die wat honger is en nie wil kook nie! "
"Ons besoek Graaff-Reinet gereeld, en dit bly steeds 'n sjarmante vakansie bestemming."
"Wow! Ongelooflike ervaring gewees om Nieu-Bethesda te besoek! Uil-Huis was 'n hoogte punt, maar al die ander plekke was net so lekker. Die bier brouery was dit heerlik onder die bome!"
" Net die Checkers was vir my bietjie erg omrede hulle kos nie vir ons so vars was nie en nie so skoon en netjies nie. Verder was dit lekker."
"Eg Karoo, maar doen jou laaste inkopies in De Aar voor die tyd. Pasop om nie 'n pap band in die geweste te kry. Kos by Transkaroo hotel is soos altyd puik."
"Daar is geen vulstasie of teller, dus maak seker voertuig het vol tenk brandstof en genoeg kontant in die beursie."
"Verskriklike mooi klein dorpie, sal weer daar bly, maak 'n draai by die Deli in die dorp en koop hulle Droog Rib, beste in SA!"
"Dis 'n lieflike plek om te oornag wanneer jy ook al van Bloemfontein of George ry om oor te bly."
"As jy verby die omliggende dele kyk en Jansenville waardeer vir die plaas atmosfeer sal dit 'n fees wees om meer as een dag daar te vertoef."
"Selfoonseine is nie goed nie. Dit sal ook help indien meer plekke van 'n kaartstelsel gebruik maak om rekeninge te betaal aangesien nie baie mense meer groot bedrae geld saamdra nie."