Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
" Beaufort West must be made into pit stop destination for South Africans and tourists travelling North to South, South to North. Beaufort West and Kimberley are great pit stops! Unfortunately all dirty, broken down towns, and there is many more. Please clean up Beaufort West General appearance. "
"Colesberg is ideaal as oornag blyplek. Ons was aangenaam verras om te sien hoe netjies en skoon Colesberg se strate was. 100% beter as in die verlede."
"Baie mooi en pragtige dorp met baie vriendelike mense. Gaan definitief weer daarna toe gaan en wil graag na die Gamdeboo reservaat toe gaan."
"The Book Festival is well worth visiting. So, at that time it is good as a tourist destination."
"Ek dink Carnavon kan ontwikkel tot 'n top bestemming. Baie mense verkies stilte en rustigheid om weg te breek van die gejaag van die lewe."
"Moontlik het dit potensiaal as toeriste bestemmimg, maar almal gaan net daar verby iewers anders heen. "
"Baie netjiese stil dorp. Het baie veilig gevoel. Selfs die polisiestasie se tuine word netjies gehou. Ek sal elke keer as ek na die Oos Kaap reis daar oorslaap. Indien jy buite seisoen na 19:00 eetplek soek vir uiteet is dit 'n probleem maar dit is verstaanbaar kan nie 'n restaurant oophou om slegs 'n paar etes te bedien nie."
"Wil graag ook die restaurant aanbeveel, die kos was baie smaakvol en pragtig voorgesit."
"A must once in a lifetime experience. Stargazing paradise. "
"Enigste om die klein karoo dorpie te “voel” is om hom te kom ervaar. Hier waar tyd nog kom stilstaan het. Kos vir die siel. "
"'n Pragtige dorpie met pragtige gastehuisies en 'n ongelooflike mooi NG Kerk in die middedorp."
"Vriendelike mense in Beaufort-Wes oral waar ons gegaan het. Dit is nie jou gewone Karoo dorpie nie. Dit het uitstekende fasiliteite. "
"Ek is van Aberdeen, gebore en amper daar groot geword. Aberdeen is in my bloed. Nie meer die bedrywige dorpie wat dit vroeër jare was nie. Rustig, ontspanne en lekker uitspan plek met 'n boek in die hand."