Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"Fassinerende dorp, vriendelike en behulpsame mense. Dit was die moeite werd om die dorp te leer ken. Lekker gebly."
"Net goed genoeg vir oornag tussen noord en suid. Algemene toestand van dorp egter netjies en veilig."
"Dit is ons eerste keer wat ons Prins Albert besoek. Dit is 'n eg plattelandse dorp met 'n rustige atmosfeer. Lekker ontbyt geëet by die Koffiehuis. Baie mooi hotel, langs die Koffiehuis, met pragtige ou meubels. Ons sal volgende keer meer wil rondloop om die dorp te verken."
"Britstown is not a tourist destination but a passing through destination."
"Ons was aangenaam verras met die vlak van die dam wat aansienlik voller is as ongeveer 'n jaar gelede. Die parkeerarea by die damwal was baie netjies skoon en werkers was al Sondag vroegoggend besig om by die vuilisdromme op te ruim."
"Baie aangename oornagplek, die weer is baie lekker en natuurlik 4 Sheep restaurant het puik kos en baie vriendelike personeel."
"Pragtige dorpie, netjies en skoon. By die vulstasie en kafee praat almal vriendelik Afrikaans, en voel jy sommer tuis. Tog is daar ook maar geweld."
"As die natuur in jou are is, is 'n besoek aan die Karoo Nasionale Park ook die moeite werd."
"Aangenaam verras deur die uitstekende kos en diens by die Manna Restaurant. "
"Inwoners is vriendelik en hulpvaardig. Wonderlike rustige Karoo bestemming wat besoekers met ope arms ontvang. Veral die personeel by die Swartberg Hotel het ons laat welkom voel en was professioneel en vriendelik te alle tye. 'n Moet besoek dorp."
"A must stop for anyone travelling up to Namibia from the Eastern Cape. A friendly and interesting little place right on the Orange River. Always enjoy staying there."
"Richmond het nie veel in terme van 'n naglewe nie, maar as jou hart hunker na rus en vrede, sal jou voete hulle pad kan vind na Richmond."
"As a final destination, no. As a convenient stopover en route to Cape Town from Johannesburg it is ideally placed and more or less midway between the two."
"Just the right place to use as a basis when you want to explore the beauty of the Karoo or it's an amazing place for a tranquil break."
"Baie min winkels. Lekker droëwors en chilli bites by die enigste slaghuis. Skoon dorp."
"We only stayed over for one night and did not explore.The fact that a police station was nearby was comforting and the shops around there was good. At the turnoff to Gariepdam, the 1 STOP facility was very extravagant with their prices."