Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6133 resensies.
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Baie ruig en sien nie baie diere nie, maar dit hang af van die seisoen van die jaar. Kruger bly awesome."
"Paaie is slegter as wat ek verwag het vir mense wat laer karre het. Miskien moet hulle 'n waarskuwing opsit."
"Was very busy due to the long weekend. Enjoyed it much more previously when it wasn't so crowded."
"Ja, dis vreeslik lekker om daar vakansie te hou, want dis binne bereik van baie besienswaardighede."
"Hulle kan dalk werk aan hulle sekuriteit by die hekke, om meer paraat en konsekwent te wees. Die sekuriteit in hul bakkie moet asseblief aangespreek word oor hulle in die aande so jaag op die paaie en nie eintlik bedagsaam is met toeriste of diere op die paaie nie."
"Die omgewing is pragtig. Die paaie tussen Lydenburg, Pilgrimsrus, Graskop en Sabie kort baie aandag. Baie geniet om die Long Tom-pas te ry en ook die stop by die brouery geniet."
"Lydenburg se paaie is verskriklik! Dis nie net potholes nie, maar swak reggemaakte paaie wat onnatuurlike hobbels en gate ook nog in die pad veroorsaak. Maak ook nie saak in watter rigting jy in Lydenburg ry nie, al die paaie is in 'n skokkende toestand. Jy moet maar ekstra tyd vir reis deur Lydenburg bereken, bordjie wat aandui dat jy 100 km/h mag ry, kruip almal teen 40 km 'n uur om net veilig te bly."
"I would like to suggest that Nkomazi Municipality be informed that attention must be paid to the state of some of the roads. We were fortunate in owning a 4X4, but not everyone does. It is the municipality's duty as they receive rates and taxes."
"Mal oor Marloth, maar brei nou te veel uit met moderne huise wat nie meer by bosgevoel inpas nie."
"Vullisberging en -verwydering is 'n probleem en grondpaaie word nie instandgehou nie. Diere is amazing en ongelooflik mak."
"Baie goed geleë. Huisies is verspreid en letterlik in die bos wat goed is vir privaatheid, maar kan ook gevoel van afsondering en onveiligheid skep."
"In Marlothpark kry jy alles wat jy nodig het en die rustigheid van die bos is altyd 'n bonus!"