Geverifieerde Resensie
North West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1921 resensies.
"Soos baie ander dorpies het Zeerust potensiaal, maar het baie agteruitgegaan as gevolg van armoede en 'n te kort aan onderhoud."
"Alhoewel Brits 'n pragdorpie is met baie herinneringe, is die dorpie se infrastruktuur besig om agteruit te gaan. Sommige strate se slaggate is groot en verspreid, wat die reis ongemaklik maak en selfs skade kan veroorsaak."
"Die omgewing en natuur is pragtig! Die dorp self het ons egter effens terleurgestel."
"Behalwe vir die gemors in die dam, is Schoemansville 'n plekkie wat ek graag besoek."
Sentraal Potchefstroom, Noordwes
Michael-Angelo Guest House"Die dorp wat nou blykbaar 'n stad is, is mooi en alles is gerieflik naby."
"Mooi plek. Die straatname se bordjies is seker gesteel en dit het dit moeilik gemaak om strate te soek sonder 'n GPS."
Sentraal Potchefstroom, Noordwes
A Tapestry Garden Guest House"Buiten die nuwe inkopiesentrum en die universiteit, is die plek besig om vervalle te raak. Die honderde groot gate in die paaie in die dorp wys dat niemand omgee nie, dis 'n skande! Die mense is egter baie vriendelik."
"Oulike plek. Naby aan die dam. Stil. Paaie in die area is bietjie sleg, heelwat slaggate."
"Wees net paraat op besige dae soos Saterdae in Zeerust middestad, maar Kareespruit is 'n oase in Zeerust."
"As jy bereid is om 'n bietjie meer per nag te betaal (R1000 - R1500) kan mens baie lekker in Brits kuier."