Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Dorpie is maar eenvoudig, maar mense baie gasvry en behulpsaam. Die teerpad vanaf Leeu-Gamka is 'n bonus!"
"Philippolis is 'n baie mooi ou dorpie. Die ou huisies en geboue (baie van hulle nasionale monumente) gee die dorp baie karakter. Meeste van hulle is gerestoureer en kan bespreek word vir verblyf. Daar is 'n hele paar geboue en huise wat baie aandag kort en armoedig voorkom. Philippolis het nie veel te doen behalwe vir omliggende wildsplase nie. Die Lourens van der Post museum is maar eenvoudig en vervelig (meeste mense weet nie van hom nie). Indien jy wil uiteet (veral in die aand) maak seker om 'n bespreking te maak of met jou gasheer/gasvrou 'n reëling te tref. Daar is nie baie opsies van eetplekke nie (2 of 3). Ek sou nie sê dit is 'n toeristebestemming nie maar eerder 'n oorslaapplek of vinnige stop op pad iewers heen."
"Baie interesante dorp en omgewing, waar die tyd stil gestaan het. Dit is iets om te beleef."
"Quiet little Karoo town with an interesting history. Deserves at least 2 nights stay."
"Ongelukkig geen aandrestaurante het Covid oorleef nie. Sterkte."
"Ek het voorheen in 'n ander plek in Colesberg oorgeslaap, maar Chargo Merino oortref die vorige plek by verre!"
"Was aangenaam verras, die dorp het skoon voorgekom. Die kos by Die Plattelander was heerlik. Sal beslis weer besoek."
"In hierdie moeilike tye moet pryse maar gemik word op Suid Afrikaners en nie die oorsese besoekers se bekostigbaarheid."
"Make sure to spend more time here than you think, as there is lots to see, very historical place."
"Willowmore is a lovely little town which we will definitely stop in at again."
"Ideale oornag plek, behalwe as mens behoefte het aan stilte, dan is dit die ideale plek om te vertoef."
"Prins Albert het my verras met klein weggesteekte juweeltjies en die karoo landskap rondom die dorp is verrassend anders as dit wat jy sien rondom die N1 pad daar naby."