Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3801 resensies.
Emile L. - 20th April 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Goeie bestemming met baie vriendelike mense en 'n baie veilige omgewing.
Avlyn G. - 20th April 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Daar is baie dinge om te doen in Kimberley.
Ronell R. - 19th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Goed geleë vir oornag op langpad.
Daniel V. - 19th April 2017
staying in Noord-Kaap
Die Noord-Kaap is maar net die beste. Dit bied jou rustigheid, gemaklikheid en dit laat jou weer mens word.
Dirk K. - 19th April 2017
staying in Middelpos, Noord-Kaap
Baie klein en stil dorpie, rustige omgewing veral na 'n lang rit deur die Tankwa !
Letitia P. - 19th April 2017
staying in Hanover, Noord-Kaap
Hanover is 'n moet stop vir enige persoon!
Hennie J. - 18th April 2017
staying in Kgalagadi-streek, Noord-Kaap
Streek met ongerepte natuurskoon vir die stedeling.
Juliana O. - 18th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie rustige plek. Lekker geëet by Plattelanders restaurant.
Anneline R. - 18th April 2017
staying in De Aar, Noord-Kaap
Ek was aangenaam verras met De Aar en het geniet om meer van die dorp te sien.
Anita W. - 18th April 2017
staying in Williston, Noord-Kaap
Oral vriendelike, hulpvaardige mense.
Jean L. - 16th April 2017
staying in Oosterville, Noord-Kaap
Goeie oornaggeriewe.
Marlize O. - 14th April 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Die toer by die Groot Gat is baie goed aangebied en leersaam.
Braam B. - 13th April 2017
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Vreeslike vriendelike dorpie.
Rudolph D. - 13th April 2017
staying in Richmond, Noord-Kaap
Beautiful Karoo-dorpie.
Wendy S. - 13th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Oulike dorpie!
Johlene D. - 12th April 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Die tekening van die oewerkonyn is nie baie duidelik nie en ongelukkig kon ons nie op die uitstappie gaan om hulle te besigtig nie. Daar kan baie meer gedoen word om die dorpie te bemark.
Karen D. - 12th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Oulike plek met baie te sien as jy die moeite doen om daardeur te stap. Netjies.
Niek C. - 12th April 2017
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Was nie sleg nie, maar ons was so 2 weke na die groot water eers daar gewees.
Stephen Lawrence A. - 11th April 2017
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Baie dankie vir die goeie ontvangs!
Liesel O. - 11th April 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Ons het vreeslik lekker geëet het by Tauren Steak Ranch! Die diens was wonderlik, die waiter vreeslik vriendelik en snaaks en die kos was baie lekker.
Les T. - 9th April 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
We specifically visited Sutherland to view the SAAO. The tour guide (at the SAAO) was excellent. The site is a credit to SA.
Chris V. - 8th April 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Loxton is 'n tipiese slaperige Karoodorpie. Pragtig, in die middel van nêrens.
Chris V. - 8th April 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Indien jy spesifiek belangstel in die geskiedenis van diamante en miskien die slag van Magersfontein, besoek dan die plek, andersins, ry verby.
Karen V. - 7th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Pragtige dorpie met mooiste ou geboue.
Sarel S. - 7th April 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Net jammer die totale verval van ons hele land word ook daar bespeur, maar skoner as my eie dorp met mooi geboue en geen bedelaars bespeur.
Louw P. - 6th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Die Plattelander restaurant is 'n aanwins vir die dorp.
Willem M. - 6th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Dit was die tweede keer dat ek in Colesberg oorgeslaap het. Ongelukkig vertoon my GPS nie die straatname nie. Met my laaste besoek het ek van my selfoon GPS gebruik gemaak, maar by gebrek aan straatnaamborde en huisnommers kan dit nogal 'n gesoek afgee.
Lynnette S. - 6th April 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Aandete in die hotel was uit die boonste rakke, lanklaas so heerlik geëet en die mense was besonder gaaf en vriendelik. Ons besoek aan die SALT en die nagbesoek aan die teleskope om na die hemelruim en sterre te kyk was 'n besonder aangename ondervinding en dit is werklik iets wat elke mens behoort te doen en sien.
Rosa V. - 6th April 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Stil en baie rustig!
Alish R. - 6th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie stil en klein dorpie. Pragtige groot ou kerk. Die mense is baie vriendelik. As ek meer energie en tyd gehad het sou ek graag verder deur die dorpie wou ry.
Andre O. - 4th April 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Mens rus daar. Doen oom Jurg se sterrekyk, asook die groot SALT teleskoop. Daar is baie oulike eetplekke. Dink nie dis 'n plek vir kinders nie.
Fred C. - 4th April 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Soos meeste dorpe het Kimberley bietjie agteruitgegaan en toerisme miskien nie so hoog op die lys van hulle prioriteite nie.
Fred C. - 4th April 2017
staying in Britstown, Noord-Kaap
Die standaarde op die dorp is ok. Britstown is n lekker 'stopover' op pad Weskus toe.
Fred C. - 4th April 2017
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Carnarvon is een van die mooiste Karoo-dorpies.
Fred C. - 4th April 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Netjiese dorp en alhoewel hulle deur n moeilike tyd gaan met watertekorte, maak die dorpenaars seker dat toeriste n goeie ondervinding het. Sal beslis weer n draai maak in Calvinia.
Fred C. - 4th April 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Pragtige stil Karoo-dorp.
Gerrit V. - 3rd April 2017
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Pragtig groen! Baie netjies. Ons kon sien daar word gewerk op Kakamas!
Mark B. - 31st March 2017
staying in Britstown, Noord-Kaap
Good half way stop over from Cape Town to Johannesburg.
Jurie L. - 28th March 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Wonderlike natuurskoon
Elze-mari S. - 27th March 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Definitief die moeite werd om te besoek, SALT-teleskoop, Jurg se Stargazing, stap in die veld en bietjie verveeld wees, so lekker.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za