Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3801 resensies.
Joanne G. - 12th June 2017
staying in Kathu, Noord-Kaap
Pragtige dorp en goeie vriendelike mense.
Heike E. - 9th June 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Horse and Mill is a great pub with super food! Innikraal is a great restaurant with a more modern feel and outside area.
Hilary W. - 8th June 2017
staying in Upington, Noord-Kaap
Upington has grown since we were here last (20 years ago). There is a great shopping mall and good restaurants.
Joliza V. - 8th June 2017
staying in Douglas, Noord-Kaap
Douglas is 'n moet sien! Rustige dorpie! Toerisme-aantreklikhede (Samevloeiing) kan gerus ontgin word! Potensiaal vir 'n restaurant en oornaggeriewe by die Samevloeiing kan toeriste lok!!
Johan M. - 5th June 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Mooi, rustig,vriendelike besigheidsmense.
Johan S. - 5th June 2017
staying in Blydeville, Noord-Kaap
Lekker naby Kalahari Mall!
Chris S. - 3rd June 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Did not explore Calvinia as town.
Chris S. - 3rd June 2017
staying in De Aar, Noord-Kaap
Very laid back.
Hendrik B. - 1st June 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Pragtige en rustige dorp.
Desire V. - 1st June 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Wat n lieflike stad, sal sommer gou weer vakansie gaan hou!
Anria K. - 31st May 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Gaan gerus na Bordeux of Plattelander vir lekker Karookos.
Soria A. - 31st May 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Die beste plek om ons sterrehemel in sy volle glorie te ervaar.
Roberta B. - 30th May 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Acts as a halfway destination to the Richtersveld, West Coast village like Port Nolloth, and a definite stop-over for those travelling to Namibia.
At V. - 29th May 2017
staying in Upington, Noord-Kaap
Upington word heeltemal te min bemark. Daar is so baie om te sien en te doen langs die rivier. Groot besighede soos Oranje Wynkelder, KLK, SWK, Shoprite, Pick n Pay SPAT. Die plaaslike klein besighede behoort baie meer betrek te word om die skoonheid van Upington en die Noord-Kaap bekend te maak.
Annie B. - 29th May 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Wat 'n wonderlike en rustige Karoodorpie! Ons sal enige tyd weer teruggaan. En om die sterre daar te sien is die mooiste op aarde!
Hannes En Estelle V. - 27th May 2017
staying in De Aar, Noord-Kaap
Ons het net een nag daar geslaap en het nie veel te doen gehad daar nie. Die baie sonpanele op verskeie plase was interessant om te aanskou. Die mense het ons baie gasvry en hulpvaardig ontvang.
Hannes En Estelle V. - 26th May 2017
staying in Kathu, Noord-Kaap
Kathu was vir 10 jaar ons blyplek in die '70s en ons wou gaan kyk hoe die dorp ontwikkel het. Die mynbedrywighede is baie besig en die natuur het baie verander agv die mynhope. Dit is egter die moeite werd om daar 'n draai te maak.
Frikkie R. - 25th May 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Die skoon strate het ons heel eerste opgeval, daarna die skoon en netjiese parke met gras wat gesny is en vriendelike behulpsame mense oral.
Francois M. - 25th May 2017
staying in Noord-Kaap
Wonderlke area.
Roelof G. - 23rd May 2017
staying in Hanover, Noord-Kaap
Hanover is 'n regte Karoodorpie klein rustig en die oudtyd spreek vanself
Annalise S. - 22nd May 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Groot Gat is iets om te besoek. Geskiedenis is goed bewaar en sekuriteit is goed.
Annamarie G. - 22nd May 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Ons het so laat daar aangekom en vroeg weer gery, dat ons nie eintlik veel weet van die plek nie. Dit was egter 'n goeie oorslaapplek aangesien ons laat eers uit Stellenbosch gery het.
Johan K. - 20th May 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Dis 'n mooi skoon dorpie met hope bekoring (en 'n munisipaliteit wat werk).
Ruth S. - 20th May 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Pragtige, skoon dorpie! Gastehuise en eetplekke te kies en te keur. Die sterrewag, die lesing oor sterre en planete by Jurg Wagener,die skoon lug en ongelooflike helder sterrehemel, het dit n onvergeetlike ondervinding gemaak. Die rit oor die Oubergpas is 'n moet!
Lynette P. - 18th May 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Bigger centre, a launching place for Karoo activities - Tankwa, Bike Burn, Africa Burn, etc.
Bertus B. - 18th May 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Loxton is 'n bitter klein dorpie, maar met soveel karakter. Jy voel asof jy op 'n ander planeet is in Loxton. Alles is so veilig en die plekkie het sy eie bekoring. Die mense is ook baie vriendelik.
Ursula S. - 17th May 2017
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Kamieskroon is natuurskoon, die omgewing asemrowend mooi en rustig, die mense behulpsaam maar 'n mens sukkel met beskikbaarheid van etes of 'n restaurant as toeris.
Eugene V. - 17th May 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
"n Plek wat jou laat tuis voel en baie bied.
Melien R. - 17th May 2017
staying in Britstown, Noord-Kaap
Slaggate in die pad.
Barbara S. - 16th May 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Ons het gevoel, dat dit baie duur is om die Big Hole te besoek. Ons voel hul moet SA-toeriste 'n goedkoper tarief vra soos vele ander plekke doen.
Ilse J. - 15th May 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
'n Moet om te besoek, en maak seker dis meer as net een dag. Jurg die "sterkundige" is 'n belewenis!
Annemarie B. - 15th May 2017
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Geniet die platteland!
Jan & Valerie N. - 15th May 2017
staying in Upington, Noord-Kaap
There is so much to see and Augrabies Falls is not too far to travel. The roads are good.
Lobry V. - 15th May 2017
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
'n Besoek aan die museum is 'n moet. Die korbeelhuis is iets om te aanskou.
Louis B. - 11th May 2017
staying in Hanover, Noord-Kaap
Dit is 'n klein dorpie.
Bastian H. - 11th May 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Could do with more family friendly restaurants and would be nice if they were also open on Sunday evenings, especially since most of the accommodation is self catering.
Werner M. - 11th May 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok is die ideale halpad-stop op pad Namibie toe. Probeer gerus Taurens Steak House vir die beste steaks ooit!
Elmien M. - 11th May 2017
staying in Williston, Noord-Kaap
Ons het die gevoel gehad dat die dorpje nie mooi wakker is nie. Hulle kan baie meer maak van bv. die AfrikaBurn-gangers (soos wat ons was), wat daar oornag op pad na die Tankwa. Dit is 'n strategiese oorslaap vir AfrikaBurn. Dit behoort ook so geadverteer te word. Ons het by Manna Restaurant geëet, deur die eienaar aanbeveel. Dit was wel goed, maar ons was die enigste mense daar. Miskien word Manna ook nie so goed adverteer nie? Die hele Williston ondervinding kry nie meer as 6 uit 10 nie. Ek is eghter oortuig die potensiaal is daar vir 'n 8!
Pieter R. - 11th May 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Wonderlike restaurant, genaamd Plattelander, met heerlike kos en vriendelike diens. hoogs aan te beveel.
Magdel Z. - 11th May 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Stil en beeldskoon.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za