Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Daar is talle gastehuise, meestal in van die ou huise langs die hoofstraat. Andersins lyk die dorp ongelukkig of dit agteruit gaan. Ons wou graag weer na die massiewe versameling tweedehandse boeke gaan kyk, maar dit is ongelukkig verskuif na 'n ander lokaal waarvan ons onbewus was. Maar die boekefees is die moeite werd!"
"Upington is 'n gerieflike plek langs die Garieprivier en naby aan die Augrabies Waterval NP en die Kgalagadi Oorgrenspark. Die dorp het enige winkel en besigheid wat jy sal nodig kry."
"Dis 'n mooi dorpie tussen die Hantamberge en 'n mens voet veilig daar. Voorwaar aan te beveel."
"Die dorp Springbok het ons nogal verras, meer funksioneel tussen die koppe as wat ons verwag het. Dit was net 'n oornag plek, het nie die omgewing verder verken nie."
"Ongelukkig was ons net een aand, maar dink daar kan meer tyd met gesin spandeer word."
"Hierdie dorp se gemeenskap staan saam en help mekaar ongelooflik. Ons almal kan kom leer hoe werk spanwerk vir groot funksies. Die gholf Classics is iets waarna ons elke jaar ongelooflik uitsien."
"Mooier, skoner as die volgende twee dorpe op ons rit."
"Ideaal geplaas vir oornagtuiste op roetes wat uitputtend lank is en wat verkieslik oor langer as een dag moet strek."
"Wyn- / brandewynkelders in die omgewing lekker om te besoek, die Koms kokerboomkwekery baie interessant, naby genoeg aan die Augrabies watervalle om daar 'n draai te maak."
"Calvinia se mense het swaar gekry onder 'n lang droogte. Hulle doen baie om toeriste na hulle dorp te lok. Uitstekende oorslaap plek op pad Kgalagadi toe."