Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6503 resensies.
"Daar is twee plekke nl. die Uilhuis en Bethesda Art Centre (kleurling kunstenaars met uitstekende kunstige storielyn) om te gaan ervaar. Die ander kuns plekke blyk so arrogant te wees dat hulle nie in toeriste tydperk hul kunsgalerye hoef oop te maak nie. "
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Sam's Self-Catering"Need some cleaning up from the municipality."
"'n Aangename verassing! Stap terug in tyd. Die journey is deel van die bestemming. Geen beter plek om jou pad kus toe te breek as Nieu-Bethesda nie! Hoogs aanbevole!"
"Patensie is 'n pragtige dorp vol lemoenboorde en die inwoners is baie vriendelik."
"Cradock is 'n pragtige dorp, ryp aan geskiedenis. Dit is duidelik 'n dorp wat besef sy oorlewing hang af van die hoeveelheid besoekers en daarom word ou geboue gerestoureer."
"Ons love Graaff-Reinet. Dit is een van die mooiste plekke in die land. Ons het ook vreeslik lekker by Polka geëet in die dorp."
"'n Aanbeveling om die mooi eenvoud weer raak te sien en jou siel te voed."
"Mal oor die plekkie. Baie interessant en ons eerste keer daar en sal vir seker terug wees."
"Jy moet weet hoekom jy hiernatoe kom. Dit gaan oor die rustigheid en die afgeleë platteland."
"Ons het 'n pragtige onverwagte Mahem Kraanvoël by 'n reservaat in die middel van die dorp gesien. Daar is ook 'n lekker stap-roete van die strand tot by die riviermond."