Geverifieerde Resensie

Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7961 resensies.

Clarens, Vrystaat

Golden View Luxury Self-Catering

"Oulike klein, rustige dorpie."

Fouriesburg, Vrystaat

Lesoba Guest Farm

"Baie sentraal geleë vir besoeke aan besienswaardighede in die omgewing soos AfriSki, Golden Gate en Clarens."

Clarens, Vrystaat

Fairview Cottages

"Baie lekker maar 'n naweek is genoeg om alles te sien as ek langer gebly het sou ek verveeld gewees het."

Universitas, Vrystaat

Aandmuzik Guesthouse

"Area is naby alles - eetplekke en winkelsentrums. Toegang tot hoofroetes is baie maklik."

Clarens, Vrystaat

Rooikat Cottage

"Dit is 'n ideale toeristebestemming, alhoewel vir Suid-Afrikaners bietjie duur. 'n Mens moet net genoeg vrugte en groente saamneem as jy self etes wil voorberei, aangesien dit nie volop beskikbaar is nie."

Spitskop, Vrystaat

Monte Christo Hotel

"Heerlik landelik, dog naby alles."

Bloemfontein, Vrystaat

Blue Rain Guesthouse

"Bloemfontein was baie koud, maar ons was goed ingerig met elektriese kombers en warm lugreëling. Die warm persoonlikhede van die mense in Bloemfontein het opgemaak vir die koue en almal is uiters vriendelik en behulpsaam."

Philippolis, Vrystaat

Die Stal

"Dit is 'n mooi klein dorpie en heel lekker om in oor te slaap oppad van die Kaap na Gauteng. Daar is egter nie eintlik 'n eetplek oop in die aand nie."

Fichardt Park, Vrystaat

Arvella Guesthouse

"Naby geleë aan N1, stil woonbuurt, naby aan inkopiesentrum."

Parys, Vrystaat

Gegund Gasteverblyf

"Parys is 'n dorp met baie karakter en dit is wonderlik om te sien hoe inwoners hulle inisiatief gebruik om toerisme geleenthede te benut. Dit wel egter voorkom asof die munisipaliteit en die plaaslike owerheid heelwat meer kan doen om te sorg dat die dorp 'n gunsteling bly onder besoekers. Die Vaalrivier wat by die dorp verbyvloei speel 'n groot rol in Parys se aantrekkingskrag. Die voortdurende besoedeling as gevolg van rioolafval wat in die rivier invloei, moet so gou as moontlik stopgesit word, ter wille van die dorpenaars sowel as vakansiegangers en reisigers. Dit wil ook voorkom of misdaad aan die toeneem is in Parys. Dit moet vroegtydig in die kiem gesmoor word voordat dit 'n vlak bereik waar dit mense begin afskrik om die skilderagtige dorp te besoek. "

Fichardt Park, Vrystaat

Swans Nest

"Rustige en veilige area. "

Parys, Vrystaat

The Danes on Vaal

"Dit bly 'n stukkie hemel op aarde waar tyd gaan stil staan!"

Fichardt Park, Vrystaat

Evening Star Guest Units

"Naby N1 geleë en naby winkels."

Clarens, Vrystaat

Gypsy Guest House Clarens

"Baie duur en bietjie overrated. Niks nuuts."

Clarens, Vrystaat

Domaine Sérénité

"Vir diegene wat hou van opwinding en dinge doen is twee dae in Clarens genoeg."

Fouriesburg, Vrystaat

Uitzicht Game Lodge

"Daar is nie veel om te doen in die dorpie nie."

Clarens, Vrystaat

De Molen Farm

"Pragtige dorpie. Sal beslis weer gaan."

Clarens, Vrystaat

Rooikat Cottage

"Hierdie was ons eerste besoek aan Clarens. Ek is verlief op die dorpie. Kan nie wag om weer terug te gaan nie. Die uniekheid van elke winkeltjie en eetplek, hier is niks kommersieel nie en dit voel omtrent of jy in 'n ander wêreld ingestap het. Die verskeidenheid eetplekke, die deli's en kaaswinkeltjies! Genoeg om die kids mee besig te hou by die avontuur sentrum ook! Beslis my nuwe gunsteling bestemming!"

Clarens, Vrystaat

Mt Horeb Manor

"Pragtige dorpie. Ideaal vir sielerus en net ontspan."

Clarens, Vrystaat

Clarens Retreat

"Pragtige skoon dorp. Heerlik gekuier, gaan beslis terug."

Bothaville, Vrystaat

De Heide Guesthouse

"Naby Vaalrivier. Stil, veilige dorp met vriendelike mense."

Clarens, Vrystaat

V'Kansi Khaya

"As dit nie vir Clarens Extreme op die dorp was nie sou dit baie vinniger al vervelig geraak het, maar dit is 'n baie mooi en vriendelike dorpie."

Zastron, Vrystaat

Die Dampondok

"Pragtige berge."

Fouriesburg, Vrystaat

Pumula Guest Farm

"Oulike dorpie met oulike eetplekkies en winkeltjies."

Clarens, Vrystaat

Knock Out View

"Eintlik moet Clarens as 'n wegbreekbestemming 10 sterre kry. Daar is net iets omtrent die Oos-Vrystaat."

Clarens, Vrystaat

La Bri

"Kunstenaars paradys!"

Universitas, Vrystaat

Tula 159

"Love die area!"

Bethlehem, Vrystaat

The Highland Inn

"Baie koud, maar baie lekker gewees."

Bethulie, Vrystaat

Wild Olive Cottage

"Friendly and very interesting."

Blad
Blad 194 - Wys 5791 tot 5820
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang