Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36757 resensies.
"Wind is ongelooflik sterk, veral as jy van die Noordwes-provinsie af kom en nie gewoond is daaraan nie."
"Dis pragtig, maar duur. Die weer was nie baie nice nie. Glad nie 'n plek waar ek sal wil bly nie."
"Ons familie woon al oor die 120 jaar in Hermanus en Kleinmond. My hart lê vir seker daar. Ons beplan ook om eendag daar af te tree. Hermanus is die paradys!"
"Alles werk en alles word in stand gehou. Plesier om hier in die stad te wees. Wens die ander provinsies wil leer by die beste."
"Dis 'n ongelooflike stil en mooi plek. En 1 uur se ry na Langebaan en die Kaap. Goeie ligging."
"Heerlike plek om vakansie te hou met baie aktiwiteite en besienswaardighede."
"'n Wonderlike dorpie, op tye voel dit of jy honderd jaar in die verlede is toe daar nog minder probleme in die wêreld was."
"Daar is die bekende aantrekkings soos Volstruisplase, Kangogrotte ensomeer, maar probeer gerus die skoonheid en prag van die Swartbergpas tussen Oudtshoorn en Prince Albert en ry terug deur Meiringspoort - asemrowend."
"Die dorpie bestaan uit 'n skool, munisipale kantoor, 'n drankwinkel en hoekwinkel vir ys en soortgelyke items. Geen besienswaardighede wat ons raakgeloop het nie."
"Heerlik gekuier by die Old Potter's en by die Saterdagmark! Beste quiches en heerlike koffie uit Soa se koffietrokkie!"
"Baie rustig, veilig en die omgewing was pragtig! Ons sal St. Helenabaai definitief weer wil besoek."
"Langebaan is definitely the place to go for any breakaway. Lots to do and see, and friendly people."
"Not much activities in the area but a great stay to be in nature or overnight while on a road trip."
"Kaapstad se dienste was goed, paaie in 'n goeie toestand en al die strande was mooi skoon."
"Ons het baie lekker gerus in Robertson, maar het steeds genoeg opsies gehad vir vermaak. Pragtige area met kosbare hartsmense!"
"A lovely town that combines the opportunities for the 'outdoorsy' with food and shopping to suit all tastes. A stunning experience to walk along the clifftop biodiversity walk, a charming old harbour, great tidal pools and the chance to see a whale - what's not to like?"
"Die suid-ooster het ons amper daagliks weggewaai. November, Desember en moontlik Januarie is nie vir ons Mpumalangamense aangenaam in die Kaap nie. Miskien Februarie en Maart en April, maar Mei tot Oktober is dit reën. Ons kind woon in Blouberg en ons kuier gereeld daar. Die Kaap se voordeel is dat die plaaslike owerhede doen hulle werk en die werkers by die winkels is baie vriendelik en daar is nie soveel rommel en slaggate in die strate nie. Dis al rede hoekom ons Kaap toe gaan. "