In die skadu van ’n kolossale berg kry ’n mens só vinnig perspektief op die lewe. Liewe Heidi en haar skaapwagtermaatjie, Peter, het hierdie lewenswaarheid al te goed verstaan, en ons het omtrent almal as kinders saam met dié twee gejodel. Hoewel ons nie in Suid-Afrika in die Alpe kan rondhuppel nie, bied ons land sy eie majestueuse bergreeks: die Drakensberge. Híér, te midde van klowe en kranse, kan jy en jou gesin verskeie voetslaanroetes en pragtige bergpasse aanpak, goedbewaarde erfenis besigtig, in die sneeu baljaar én ’n magdom ander doendinge vir die hele gesin geniet. LekkeSlaap bied ook verblyf al langs die draak se rug af wat sal verseker dat jy dié duiselingwekkende hoogtes met die grootste gemak en gemoedsrus kan aandurf. So, skuif agter daardie berge werk uit en ruim ’n tydjie in om ons land se grootste bergreeks aan te pak.

Rick McCharles (Flickr)

Ryk Erfenis

Meer as 30 000 San-rotstekeninge kleur sowat 600 grotte se mure oraloor die Drakensberge ─ daarom is dele van dié bergreeks tot Wêrelderfenisgebiede verklaar. Sommige LekkeSlaap-instansies in die suidelike en sentrale Drakensberge spog met sulke San-skatte op die perseel en bied soms begeleide toere om die tekeninge te besoek! So, hou jou lyf Indiana Jones en gaan bly by een van die volgende plekke:

Tenahead Mountain Lodge

Woodcliffe

Mkomazana Mountain Cottages

Cedar Garden

Imvani Country Inn

Cathedral Peak Hotel

As die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog vir jou interessant is, sal die Natalse Slagveldroete in dié geweste jou roep. Volg in die destydse troepe en kommando’s se voetspore wat die Drakensberge deurkruis het deur by ’n slagveldtoer aan te sluit, of bly by een van die volgende plekke op die roete:

SpionKop Lodge (Generaal Redvers Buller, Mahatma Gandhi en Winston Churchill het al by dié plaasopstal gebly)

Clivia Hill Guest Cottage (op die Slagveldroete)

Wild Berry Guest Farm (naby die Slagveldroete)

Three Trees at Spioenkop (naby die Slagveldroete)

’n Dapper stapper se droom

Vir stapentoesiaste het die Drakensberge iets van álles ─ van korter wandelings rondom jou blyplek tot vyfdag-staproetes wat jou kuite sal laat bult! Só baie van ons Drakensberg-instansies bied begeleide voetslaanroetes en wandelpaaie tot by riviere, watervalle en uitkykpunte. Kliek gerus op die volgende plekke as jy graag ’n wandelpad wil aanpak:

* Bergpieke, inheemse woude, watervalle en rotskuns is langs Woodcliffe se verskeie staproetes te sien.

Pumula Central Drakensberg bied ’n staproete tot by die Sterkspruit-valle.

* Die Kristal- en die Sfinks-watervalle is stapafstand van die hutte by iKhayalamafu Mountain Reserve af.

Woodcliffe

Cathedral Peak Hotel bied luisterryke staproetes saam met gidse.

* Besoek skouspelagtige pieke via die Monk’s Cowl-roete by Drakensberg House, stap op die makliker Hlatikulu-bospaadjie en op wandelpaaie wat verby Nandi se Waterval en die Mpofanarivier se poele kronkel.

Sommige instansies bied jou ook die kans om lieflike roetes te perd aan te durf! Kliek gerus op die onderstaande plekke as jy in die saal wil spring:

Blue Haze Country Lodge

Khotso Guest Farm

Stormy Hill Country Cottage

Tenahead Mountain Lodge

Swallows Nest Chalet

Gooderson Drakensberg Gardens Golf & Spa Resort

Mountain View Ranch

Misty Peaks Lakeview Villa

Pragtige passe

As jy eerder die Drakensberge se kronkelpaaie in ’n voertuig wil aanpak, wag twee van ons land se mooiste, moeilikste en hoogste bergpasse op jou:

Die Naudesnekpas, Suid-Afrika se tweede hoogste pas, strek tussen Maclear en Rhodes in die Oos-Kaap ─ ’n 4×4-voertuig word aanbeveel. Op ’n mooiweersdag kan jy by die Mooidraai-uitkykpunt stop en só ver staar dat jy sou kon sweer jy sien die see! Blyplekke naby dié pas sluit Amanzi Empilo Bungalow, Swallows Nest Chalet en Kinmel Guest Farm in.

Die Sanipas naby Underberg in KwaZulu-Natal is ons land se hoogste bergpas. Omdat dit tans nog ’n grondpad is, is dit slegs geskik vir ’n 4×4-voertuig. So miskien moet jy dié uitdagende kronkelpas aandurf voordat dit (soos beplan) geteer word, en sommer by The Highest Pub in Africa ’n drankie geniet! Onthou net jou paspoort as jy via dié pas die grens na Lesotho wil oorsteek. Tjorts op tjor-avonture!

Dit sneeu!

Omdat die Drakensberge vir baie sinomien met sneeu is, is dit die perfekte plek vir jou volgende wintervakansie!

Meadow Lane Country Cottages

Die Tiffindell Ski Resort naby Rhodes is die enigste oord van sy soort in Suid-Afrika en bied in die wintermaande ski-geleenthede, hysstoele, ’n restaurant, ski-winkel en ski-skool. Selfs al sneeu dit nie altyd in die winter nie, verseker Tiffindell se sneeumasjiene dat jy in die koue seisoen na hartelus in die wit kan rondglip!

As jy nie by ’n ski-oord wil bly nie, bied LekkeSlaap ook ander luukse oorde in die berge, knus kothuise vir ’n romantiese winterwegbreek, en gesinseenhede waar die kinders sneeumanne kan bou. Die meeste blyplekke is ook ingerig met kaggels waar jy lekker snoesig kan opkrul met ’n goeie bottel wyn en ’n boek! Kyk gerus na hierdie wonderlike winter-wegbreekplekke:

Tenahead Mountain Lodge

Kinmel Guest Farm

Sycamore Avenue Treehouse Accommodation

Tillietudlem Game & Trout Lodge

Panorama Hideaway

Woodcliffe

J&B Lodge

Meadow Lane Country Cottages

Eagles’ Rock Mountain Retreat

Lovedale Guest Farm & Wedding Venue

Duisende doendinge

Die Drakensberge bied soveel plesier en avontuur. Kyk na hierdie rits doendinge vir elke lid van die gesin en begin dan jou wegbreek beplan!

Boetie, die avonturier:

* Bergfietsroetes

* Tjoepry

* Kajakvaart

* Boogskiet by Amazian Mountain River Lodge

Scootours

Boomtoptoere 

Sussie, die tiener:

* Perdry

* Die Splashy Fen-musiekfees wat jaarliks in April gehou word en plaaslike en internasionale musiektalent bied

* Talle fotogeleenthede

Ma, op soek na rus vir haar siel:

* Die Drakensberg Seunskoor se klokhelder klanke.

Midlands Meander met sy kunstenaars- en kunsvlyt-winkeltjies.

* Die Glamosa Glasware-fabriek wat ’n toer van die fabriek en ’n glasblaasdemonstrasie bied.

KwaZulu Weavers and Candles waar duursame wolmatte volgens jou spesifikasies geweef word. Boonop  is daar ’n wafel-restaurant langsaan waar die res van die gesin kan sit sonder om Ma aan te jaag!

* The Funky Cow met sy ingevoerde, eklektiese produkte.

River Glenn Farm Cheese naby Underberg waar jy ’n verskeidenheid kaassoorte kan proe en koop.

Pa, die sportman en natuurliefhebber:

* ’n Potjie gholf waar die bal die berge in trek by Cathedral Peak Hotel.

* Kunsvlieghengel, forel- en baarshengel by een van die vele damme en riviere in dié streek. Permitte is maklik bekombaar.

* Voëlkyk-geleenthede ─ by Vultures View kan mens die baardaasvoël in sy natuurlike habitat sien, naby Pumula Central Drakensberg en Misty Peaks Lakeview Villa is daar roofvoëldemonstrasies, en Wild Berry Guest Farm is bekend as die broeiterrein van drie kraanvoëlspesies. Daar is ook ’n magdom kleiner voëlspesies wat hier voorkom.

Romantiese doendinge vir paartjies:

* Sweef rond in ’n lugballon oor die bergpieke naby SpionKop Lodge of Drakensberg Bush Lodge.

* Bly in een van Sycamore Avenue Treehouse Accommodation se knus boomhuise, of neem jou geliefde na Three Trees at Spioenkop of Dumbe Cottages om saam-saam die asemrowende uitsigte te geniet.

* Eet by die volgende hotelle of lodges se restaurante Cathedral Peak Hotel, Bushman’s Nek, The Old Hatchery, Ingeli Forest Resort en Tenahead Mountain Lodge.

* Hou ’n romantiese piekniek in die weergalose natuurskoon.

* Swem by ’n waterval, soos Woodcliffe se versteekte watervalpoele.

* Kuier saam in ’n spoggerige kroeg soos by Bushman’s Nek en Malachite Manor.

Three Trees at Spioenkop

So, as jy vanjaar agter jou lessenaar wil uitskuif om vars lug te skep, is ’n besoek aan die Drakensberge definitief die moeite werd. Omring deur die majestueuse berge en asemrowende natuurskoon, mag jy dalk net lus kry om soos Heidi en Peter spontaan te begin jodel!

Birches and Willows

Hooffoto: Darren Glanville (Flickr)

Anglo-Boereoorlog-foto: David Holt (Flickr)

Sanipas-foto: Vaiz Ha (Flickr)

Highest Pub in South Africa-foto: Eric Gropp (Flickr)

Boomtoptoer-foto: Jumblejet (Flickr)