Het jy geweet dat Suid-Afrika een van die wêreld se beste walviskyk-bestemmings is? Walvisse migreer jaarliks vanaf Antarktika na Mosambiek en kom maak gelukkig ook tussen Junie en November hiér ’n draai wanneer die koeie kom kalf. 

Diegene wat al ’n walvis van nader gesien het, sal saamstem dat dié waterreus werklik die koning van die see is. Om te hoor hoe hy blaas en om te sien hoe dié massiewe soogdier uit die water spring, is ’n belewenis wat definitief op jou emmerskoplys hoort. Daarom gaan LekkeSlaap seker maak jy weet presies waar jy die jaar dié diere te siene kan kry.

Valsbaai, Wes-Kaap

Oceans Echo whale watching vishoek fishoek western cape walvis lekkerslaap whales accommodation
Oceans Echo in Vishoek het ’n pragtige uitsig oor Valsbaai.

Walvisse, en veral die suidelike noorkapper, is mal oor Valsbaai omdat dit beskut is teen die res van die see en dit sodoende die perfekte omstandighede skep vir walvisse om te kalf. Gelukkig spog dié baai met van die oulikste dorpies vanwaar jy nie net kan walviskyk nie, maar sommer ’n ordentlike wegbreek kan geniet. 

Vishoek en Simonstad se baaie is bekende rusplekke vir walvisse en met ’n bootvaart kan jy sommer baie naby hulle kom, of as jy braaf genoeg is, ’n kajakvaart aandurf en sommer so neffens hulle verby roei. Jager’s Walk in Vishoek is nét so bekend onder walviskykers. Ry rustig met Boyes-rylaan langs om die reusediere te gewaar of verken Chapmanspiek-rylaan vanwaar jy met ’n vêrkyker kan walviskyk.

Kom bly hier: 

The Beach House kalkbaai kalk bay whales whale watching flase bay valsbaai lekkerslaap accommodation
The Beach House is ’n moderne selfsorghuis vir tien gaste in Kalkbaai met pragtige see-uitsigte.
Simonstad simons town false bay valsbaai accommodation whale view manor Guesthouse & spa
Whale View Manor Guesthouse & Spa in Simonstad bied pragtige kamers wat elk vir twee gaste geskik is, en ontbyt is ingesluit! 

Die Overberg-streek, Wes-Kaap

Windsor Hotel Hermanus whale watching walviskyk overberg accommodation
Windsor Hotel Hermanus het ’n uitstekende ligging. 

Hermanus, en Walkerbaai spesifiek, is natuurlik die walviskykmekka van Suid-Afrika, maar daar is ander geleenthede ook indien jy dié dorp se besige strate wil vermy. Die De Hoop Natuurreservaat is ’n marienereservaat wat met sowat 120 walvisse spog wat jaarliks hier kom draai. Hiér kan jy vanaf die hoë duine by Koppie Alleen walviskyk en sommer ook van die grotte verken. Daar is ook ’n vyf dag lange walvisstaptoer in die reservaat wat ’n móét is vir elke voetslaner wat terselfdertyd graag wil walviskyk. As jy nie die voetslaanroete wil aandurf nie, is daar ook ander walviskyk-geleenthede in Witsand. ’n Kort ent vanaf Hermanus vind jy ook die kusdorpie, Gansbaai wat ook ’n pragtige walviskyk-dorpie is.

Kom bly hier: 

Die Opstalletjie witsand overberg whale breede walviskyk lekkerslaap accommodation
Die Opstalletjie is ’n dubbelverdieping-selfsorghuis vir agt wat in Witsand op die hoofstrand geleë is. 
Abalone Guest Lodge Hermanus accommodation
Abalone Guest Lodge het die ideale ligging vir diegene wat Hermanus en die omliggende area wil verken, en jou ontbyt is ingesluit! 

Tuinroete, Wes-Kaap

Dover on Sea B&B knysna sedgefiels verblyf bed and breakfast
Dover on Sea B&B is op Cola-strand in Sedgefield.

Die Tuinroete spog met ’n hele rits walviskykgeleenthede! In Plettenbergbaai is daar uitstappies op bote, kajaks en sommer vliegtuie ook waartydens kenners julle lei op soek na walvisse. Walviskyk-bootvaarte is ook in Knysna beskikbaar en hiér kry jy die geleentheid om die Knysnakoppe van die ander kant af te sien terwyl jy walviskyk. In Wildernis kan jy jou oë vir dié massiewe diere by Dolphins Point, die strand en Leentjiesklip oophou. Ander walviskykdorpe sluit Sedgefield en Buffelsbaai in. Bottelneus- en boggelrugdolfyne is ook heel jaar lank in die waters van die Tuinroete te sien. 

Kom bly hier: 

Knysnakoppe knysna heads whales walvisee waar kan ek walvisse sien accommodation
Headlands House is ’n luukse lodge op die hoogste punt van die Knysnakoppe wat dit ideaal maak as jy op soek is na ’n ongelooflike see-uitsig. 
Wildernis seeuitsig sea view accommodation
Views Boutique Hotel and Spa is in Wildernis op ’n duin op die strand geleë en bied kamers wat elk geskik is vir twee gaste. Kyk net na daardie uitsig! 

KwaZulu-Natal

accommodation whale watching
’n Besonderse uitkykpunt by Thonga Beach Lodge in die Isimangaliso Wêrelderfenispark. 

Die Olifantkus vorm ’n soort gang waardeur walvisse na Mosambiek, Tanzanië en Madagaskar beweeg en hiér kan jy na hartelus walviskyk. St Lucia is ’n goeie plek vir walviskyk en bootvaarte laat jou toe om boggelrugwalvisse van naby te sien én te hoor! Verder kuslangs bied Umhlanga en Scottburgh ook bootvaarte op soek na die koning van die see. 

Kom bly hier: 

whale watching walviskyk verblyf accommodation Tiffany's Beach
Ontbyt is ingesluit by Canelands Beach Club & Spa, wat ’n uitstekende see-uitsig bied. 

Oos-Kaap

accommodation whale watching verblyf selfsorg
Cape St Francis Resort se luukse strandvillas is rég teen die see. 

In dié provinsie is dit baie keer nie eens nodig om ’n bootvaart te bespreek om walvisse raak te sien nie ─ haal sommer net jou vêrkyker uit! Kies ’n lekker kusdorp, soos Oos-Londen, Port Alfred, Gqeberha (Port Elizabeth), Jeffreysbaai of St. Francisbaai, wat almal ideaal is vir ’n walviskyk-toer en terselfdertyd ’n uitstekende keuse is vir ’n ontspannende wegbreek by die see. Dié dorpe spog met oorgenoeg aktiwiteite, asook pragtige verblyf-opsies. 

Die Wildekus is ’n heerlike, subtropiese bestemming vir ’n wegbreek en dié area se kranse maak dit maklik om walvis te kyk. Besoek dié streek om hulle van nader te aanskou terwyl hulle in die kusstrome baljaar. 

Het jy geweet stompneusdolfyne kan regdeur die jaar aan die Oos-Kaap se kus gewaar word?

Kom bly hier: 

Port Alfred eastern cape whales ooskaap verblyf lekkerslaap
First Group Kowie River Chalets het die ideale ligging in Port Alfred, ’n see-uitsig en pragtige eenhede vir gesinne.
Keimond verblyf Keimond accommodation whale watching opportunities
Kom klop by MyKei aan vir gerieflike selfsorgverblyf vir agt gaste op die strand in Keimond.

Daar het jy dit nou, die béste plekke vir walviskyk en sommer net lekker ontspan ook! Bespreek nou ’n wegbreek en kom ervaar dié waterreuse in lewende lywe ─ jy sal nie spyt wees nie. 

Hooffoto: Unsplash