Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9657 reviews.
"Lovely hiking trails, beaches, forest, estuary for swimming and paddling, roads and trails for cycling. Good place for people wanting to spend time outdoors."
"Pragtige kusdorpie met vele aktiwiteite vir die hele familie."
"Oudtshoorn is verbasend baie goed ingerig as toerismebestemming. Was baie jare gelede daar; met ons onlangse besoek was ek baie in my noppies met Oudtshoorn. Sal ons beslis weer sien, nie net vir die KKNK nie maar sommer vir 'n oorbly of selfs langer vakansie."
"Pragtige kusdorp weggesteek duskant die N2 met n asemrowende strand, hawe en natuurreservaat. Rustige klein plekkie uitgeknip vir vakansies met familie en vriende; winter of somer."
"Rustige en pragtige kusdorpie, baie veilig met vriendelike inwoners. Strande is veilig, pragtig en goed versorgd. "
"Aangenaam verras oor die lekker vakansieplek. Ons sal dit beslis 'n jaarlikse instelling maak. Veral die blouvlagstrand was heerlik en veilig en mooi skoon. "
"Goeie toeristebestemming. Parkering bietjie knap andersins skoon en baie mooi instandgehou. "
"Die mall is fantasties. Die winkels en eetplekke soos Wimpy en Spur in die mall is uitstekend."
"Fantastiese en rustige dorpie reg langs die kus met die mooiste uitsigte en lekkerste restaurante. "
"Wildernis is 'n klein, stil, pragtige plekkie, weg van al die stadslawaai. Daar is interessante winkeltjies en eetplekke te kies en te keur. Als wat jy nodig het vir 'n rustige vakansie!"
"Heerlike vakansie-area. Baie om te doen en te sien. Ons gaan beslis terug om nog te sien. Ons tydjie was net te kort. Baie rustige en mooi omgewing."
"Hierdie is 'n visvang-paradys. My ervaring in die verlede was dat die weer pragtig is oor September. Die wind hierdie tyd van die jaar in April was bietjie erg."
"Sedgefield is 'n baie oulike plekkie. Daar is genoeg winkels, restaurante en koffiewinkels om te besoek ook en is nie te ver van Knysna, Wildernis en George. Die mense is vriendelik en mens voel gou tuis. Genoeg plekke tussen 3 strande (Cola, Myoli en Gericke) en die lagoon om verskeidenheid in dag by die water te bring. So bly ons was daar!"
"As jy net wil rus neem neem jou kruideniers saam en geniet hierdie pragtige natuur en drink dit in."