Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"Dis regtigwaar 'n pragtige plekkie vir enigiemand om net 'n bietjie weg te breek op 'n vakansie."
"Die dorp self het nie veel om te bied nie. Al die omliggende aktiwiteite is ongelooflik. Ons het Jukani, Birds of Eden en 'n game drive by die Plettenberg Game Reserve gedoen. Alles ongelooflike ervarings gewees. "
"Wildernis is 'n lieflike, rustige omgewing met pragtige loop- en swemstrande. Die eetplekke in die dorp is van hoogstaande gehalte en waarde vir geld."
"Dit is die perfekte plek om jou foon af te skakel en die natuurskoon te geniet. Van wandelroetes, vis vang en skulpies optel. Die inwoners is vriendelik en behulpsaam."
"Wildernis is 'n sprokiesmooi plek. Dit is rêrig 'n plek om weer te besoek en geniet."
"Mooi en baie sentraal. See pragtig en verblyf is naby verskeie besienswaardighede."
"Dit was pragtig en asemrowend. Was by die see in Plettenbergbaai. Die natuurskoon is uitstekend. Sal dit aanbeveel vir enige persoon wat in die omgewing is om 'n draai te maak in Plettenbergbaai. Volgende keer sal ek langer bly en my bergfiets saamvat."
"As 'n stil en rustige vakansie jou ding is, is Stilbaai net die plek vir jou. Die mense is baie vriendelik. Walvisse en robbe is heel sigbaar. Restaurante bied uitstekende kos."
"Die dorp is baie skoon. Hulle is tans besig om die pad vanaf die N2 na Stilbaai op te gradeer, so verwag maar 'n paar vertragings."
"Die Map of Africa was 'n spesiale belewenis. Alle mense moet net daarvan weet. Daar was ook 'n vrywillige gids wat 'n mens rondwys en detail vertel. Uitsig na see ook baie spesiaal. Wildernis-strand 'n wonderlike stap werd met baie mooi spoelklippe en skoon sand. Die restaurant in die ou stasiegebou 'n besoek werd. Klein winkeltjies ook baie interessant. "