Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"As 'n klein plekkie jou hart warm maak, is Vosburg beslis 'n plekkie om nie mis te ry nie!"
"Uitstekende oorslaapplek op pad Kaap toe. Die dam wat oorloop was 'n besondere ervaring!"
"Restaurant options perhaps a bit limited, but a charming place to stay for a night."
"Mooi dorpie. Slegs 'n mini-market winkel met beperkte, maar genoegsame kruideniersware voorraad beskikbaar. Plaaslike mense is baie vriendelik. Slegs een teerpad tot by die dorp, die pad vanaf Leeu Gamka. Ander paaie is als grondpad met geen selfoonsein."
"Great place to overnight. Colesberg offers great dinners especially at Innie Kraal."
"Wonderlike plek. Besoek ook die kerkhof en vind Helen Martins se grafsteen!"
"Die dorp was baie besig en ons het selfs gesukkel net om brandstof in te gooi en vleis te koop. Mense was steeds vriendelik en bedagsaam."
"Die vallei van verlatenheid moet vir seker besoek word. Die "Windmill Junction" is ook 'n moet om besoek te word. Hulle bedien die heerlikste koffie en het 'n pragtige restaurant en winkel."
"Daar is baie om te sien en ek dink mense behoort die plattelandse dorpies te besoek."
"Die Gariepdam is na al die heerlike reëns besig om oor te loop en is dit die moeite werd om te aanskou."
"Daar is besienswaardighede, maar dit moet bemark word. Inligtingstukke behoort in die kamers van gastehuise beskikbaar te wees."
"Dorpie is mooi skoon. Strate kort so bietjie instandhouding, maar dit is die ideale halfweghuis vir reisigers."
"Die dorp se stemming bring rustigheid en nostalgie mee. Heerlike rusplek op die lang pad tussen die noorde en die suide."
"Dit is 'n mooi dorp, maar die plek dien ook as middelpunt vir trokke en taxis en dus is die verkeer en toeloop van mense te veel. "