Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6636 resensies.
"Lambertsbaai is 'n absolute awesome plekkie, die strand, hawe, eetplekkies, winkels ens. was baie aangenaam. Die mense is baie vriendelik. Lambertsbaai en omgewing is 'n pragtige plek en ons sal definitief weer gaan vakansie hou op die vriendelike dorpie."
"Was bietjie raserig op die strand op 1 Januarie, maar andersins baie lekker gekuier en Muisbosskerm altyd 'n wenner!"
"Yzerfontein is 'n lieflike dorpie. Rustig, stil met geen toestroming en vertrapping van mense op die strand nie. "
"As jy wil kom om te rus of klein kinders het en nie van plan is om te ry nie, dan kan ek dit aanbeveel of selfs vir besigheid."
"Ons was al 'n paar keer by Yzerfontein en sal weer daar draai, puik veilige bestemming met oop strande en lekker kuierplekke binne trefafstand van die Kaap."
"Stil dorpie met hope staproetes en hengelplekke. Weg van die besetenheid van besige kusgebiede, maar naby genoeg aan Langebaan, Paternoster en Saldanha vir 'n vinnige besoek. Die argitektuur is pragtig en herinner aan die Griekse eilande. Daar is 'n klein nuts- en geskenkwinkeltjie met verrassings soos vars melktert en goedkoop hout. Die Weskus-mall is tien minute weg vir groot inkope en brandstof. Jacobsbaai is een van die min kusjuwele waarvan die glans nog nie verdof is deur te veel straatligte en neon-naamborde nie. Beslis 'n besoek werd."
"If you are interested in birding then this is the place to be. Different places to visit close by. Shops adequate."
"Paternoster is an out of the way fishing town where you can get lost and away from the busy city life for a few days. Peak season requires timeous bookings for any meals. Great weather and tranquil environment. "
"As mens lief is vir die uniekhed van die Weskus, dan is Jacobsbaai die plek wat die 'gees van die Weskus' die beste weerspieël en leef. Die feit dat dit redelik ongekommersialiseerd is maak dit outentiek. "
Longacres Country Landgoed, Weskus
Masada Guest House"Die goed versorgde tuin was 'n lus vir die oog."
"Wil vir ewig daar bly die atmosfeer is wonderlik. Almal gaaf en vriendelik. Kan kilometres op strand stap. "
"Die Weskus is enig in sy soort. Die mense is vriendelik en die kultuur is wonderlik. "
"Ons het die mense van Langebaan besonder vriendelik en behulpsaam gevind, dinge wat baie skaars oral geword het en vertrou dat dit so sal bly want dit sal beslis besoekers aanhou daarheen lok."