Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36180 resensies.
"Eetplekke maak bietjie vroeg toe, maar dis seker verstaanbaar van 'n klein plekkie soos Kleinmond."
"Dit is meer 'n somervakansie, as 'n winter-vakansieplek, maar selfs met al die reën, het ons heerlik hier gekuier. Isabella's op die hawe is 'n moet. Lekkerste seekos geëet. En Alle Dingen se kos was net so lekker."
"Lovely, friendly little town. Restaurants and food are good. Thumbs up to the owners of Tuinateljee who served a delicious breakfast at a very good price. Lovely people working there."
Prince Alfred Hamlet, Wes-Kaap
Rhodene Farm Cottages"It's a pleasant, quiet little town. The people are friendly and helpful. I would recommend Anna's for a breakfast. It's about 5 minutes away by car."
"Paternoster is a wonderful town and have been there a few times. A lot of places are closed during winter so not ideal if you're looking for a buzz. But wonderful if you are looking for a relaxed getaway. The locals are very friendly."
"Nie veel om te sien nie. Het wel museum besoek. Dit is 'n netjiese en aangename klein dorpie om te besoek."
"Wynkelder met lekker wyne sommer in dorp. Dorpshuis restaurant stel teleur, maar Tuinateljee restaurant uitstekend."
"Pragtige argitektuur, maar wanneer die mis oor die dorpie neersak is daar niks om te sien of te doen nie."
"Strande is skaars en ver uitmekaar. Duur uitstappie vir iemand op 'n begroting. Is wel baie mooi en het baie om te doen. Beveel sterk aan vir buitelanders."
"Was daar vir 'n gholfnaweek. Het die Silwerstroom Golfbaan en Klub vreeslik geniet, baie mooi baan om te speel, en kos is puik."
"The area is really a hidden gem. We are all looking forward to visiting the area again."
"Baie vriendelike mense, soos een groot familie gevoel. Deli 51 het ons baie beïndruk!"
"Gouritz is die ideale plek as mens wil wegkom van als en net die see en geselskap geniet. Daar is nie verskriklik baie om te doen behalwe ontspan nie en die winkels het net die absoluut nodigste artikels, maar as jy goed voorbereid is is dit baie lekker. Dis nog 'n ouwêreldse tipe vriendelikheid en hartlikheid en vertroue wat stadsmense stomslaan. Daar is iemand wat ys verkoop van hul huis - op 'n eerlikheidsbasis - jy stap dag of nag in - vat ys uit die vrieskas en gooi jou geld in die geldsakkie - en jy is self verantwoordelik om jou kleingeld uit te tel! Ongelooflik en hulle sê daar het nog nooit iets weggeraak nie! Waar kry mens dit nog vandag?"