Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Ons het die meeste van ons tyd in Hartenbos spandeer, net een aand in Mosselbaai gaan uiteet."
"Baie mooi dorpie. Baie wynplase in die omgewing. Lekker sentraal tot ander dorpies en wynplase."
"Franschoek is 'n wêreldklasplekkie om te besoek, beste wynplase met vele om te doen."
"Ons het die Cango-grotte en Volstruisplaas baie geniet. Wilgewandel op pad terug van die Cango-grotte was fantasties vir die kinders. Hulle het hulle gate uit geniet daar. Skoon, netjiese dorp goed voorberei vir gaste."
"'n Klein Karoo-juweel met heerlike wyn, konfyt, gedroogde vrugte, vleis, interessante winkels, vriendelike mense en 'n veilige, rustige lewensstyl."
"Dit was verfrissend om so 'n pragtige, skoon dorp te sien waar geen slaggate in die pad is nie en alles werk, ook geen beurtkrag nie. En die mense is almal vriendelik. Dit was 'n wonderlike ervaring."
"Beautiful destination. Various activities for family and children which we enjoyed. The people are very friendly and helpful."
"Knysna bly 'n wêreldklasbestemming met te veel dinge om te doen en te sien. Boot rit na die Heads en restaurant by die Heads was van die hoogtepunte."
"Kaapstad en omgewing is pragtig maar die verkeer is oorweldigend. Mens moet weet waarheen jy op pad is!"
"Easily accessible, yet off the beaten track. The town itself is still a sleepy weekend fishing town, without the emigration influx."
"Mal oor Kaapstad, uniek. Sou Grub and Vine as restaurant aanbeveel en Max Bagels is goed vir ontbyt."
"Mees pragtigste dorpie, so skoon met sulke oulike restaurante en winkeltjies. Probeer gerus 'n ete by die Swartberg Hotel en lekkerste melktert by Lazy Lizard. Sien ons beslis weer"