Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Ons het Kirstenbosch en Groot Constantia besoek wat naby ons verblyf was, asook Houtbaai. Ons het ons kuiertjie in die Kaap terdeë geniet. Net jammer dat Eskom 'n paar plekkies vir ons onmoontlik gemaak het."
"A great place to visit, especially during this time of year with the Oyster Festival and Forest Marathon taking place. Pretty busy, but a great vibe about."
"Jammer ons moes terugkom Pretoria toe. My tienerseun het die Kapenaars as inhalig beskou as dit kom by verkeer. Rytoegang was nie iets wat vrylik gegee was nie. Die Kaap is pragtig."
"Wildernis is beslis 'n plek om te besoek. Ek was verras oor al die opwindende winkeltjies en eetplekke op die dorp. Die kus is absoluut pragtig."
Prince Alfred Hamlet, Western Cape
Bon Forelle Selfsorg"Rustige plek vir rus en vrede vir jou siel en om te ontspan."
"Mosselbaai is 'n stapdorp waar jy moet verwag om te rus. Nie baie plekke om kinders/tieners in die winter besig te hou. Die groot winkelsentrums moet per voertuig bereik word, jy kan nie stap nie. Baie stapplek en vreeslik baie koffie kuierplekke, vir my beslis die moeite werd."
"Ongekende juweel, die moeite werd om te besoek en ontdek teen jou eie pas."
"Oulike restaurante. Ons kon egter nie veel rondjakker nie aangesien ons honde by ons gehad het. Meeste buitelugplekkies laat hulle wel toe. Pragtige dorpie. Geskiedkundige argitektuur met huise wat baie mooi instandgehou is. Regtig 'n vonds van 'n dorpie. Beter koffie as wat ek al in klein dorpies gehad het. Dis great in Greyton!"