Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2330 reviews.
"Pragtige plaaslike Karoodorpie. Ons het dit nie regtig verken nie omdat ons oornag het en weer vroeg gery het."
"Spandeer meer tyd daar en knoop gesprekke aan met die plaaslike mense. Dis kos vir die siel en gee jou weer moed vir ons land en sy mense!"
"Die droëwors by die slaghuis is baie lekker en die heuning daar te koop is heerlik. Skoon dorpie en almal doen moeite om besoekers tuis te laat voel."
"Die dorpie is erg afgerem en verwaarloos. Sal waarskynlik nie weer daar oorslaap nie."
"Baie mooi, stil en rustige plek vir 'n lekker wegbreek, kuier of tuiste. Almal is so vriendelik!"
"Jammer van die stofstrate, maar dit dra seker ook by tot die tipiese Karoo-atmosfeer. Maar weens die Stoep Tasting, was die dorpie baie besig en stowwerig. Ons was vier dae daar, maar ek dink nie buite die feestyd is daar genoeg om mens langer as twee dae besig te hou nie. Die besienswaardighede is egter baie interessant."
"Lyk vir my soos die Kaapse Greyton. Die plek is klein en daar is geen ATM nie, maar dit is miskien ook 'n pluspunt. Pizza in die dorp was great, beste wat ek nog geproe het!"
"Die oorspronklike ou geboue en strate laat die gevoel van tyd wat stil gestaan het. Fantasties!"
"Murraysburg as a town destination does not seem to be viable but the location of Oudeland (farm) proved to be a very enjoyable and safe destination."
"Well situated to avoid the N1 via the N12 alternative. But great pity the Free State provincial roads are terrible. The state now makes visits to small towns and rugged countryside impossible."
"Al my verwagtinge oortref - pragtige omgewing met wonderlike plat-op-die-aarde mense - wat 'n wonderlike plek moet die nie wees om in te woon nie!"
"There are no franchises or modern food stores. Just local shops. To get to franchises, Spars or any modern stores it's an hour away. That's the only downside."
"Dit lyk na 'n baie oulike dorp. Ongelukkig was meeste besienswaardighede toe. Ons het wel baie lekker geëet by Die Vetmuis Restaurant. Die diens was ook baie goed."
"Ons was Murraysburg toe omdat my man se pa daar groot geword het en daar baie herinneringe was. Sou nie anders gedink het dis goed vir 'n toeristebestemming nie."