Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7950 resensies.
"Definitief nie baie geskik vir oorslaap op 'n Sondagnag nie. Die dorp gaan letterlik dood en eetplekke is deur die bank toe. Die enigste eetplek wat ons kon vind was baie teleurstellend - al die wyn op die spyskaart was uitverkoop en so ook karoo tjops!"
"'n Baie interessante dorp met baie potensiaal. Museum was baie interessant met 'n vriendelike ontvangs en die boekehuise is 'n moet. Ons was verbaas oor die goeie supermark en wat alles daar beskikbaar is."
"McDougallsbaai is naby genoeg aan Port Nolloth waar alles beskikbaar is. Hierdie is 'n baie rustige deel van ons pragtige land en die mense is baie vriendelik."
"As jy daar gaan besoek aflê en nog nie by Riemvasmaak was nie, gaan gerus as jy 'n voertuig het wat daardie pad kan aandurf. "
"Baie klein plekkie wat se pryse vreeslik hoog was! Ek het nog nooit vir een pannekoek R10 betaal nie! Dorp was redelik netjies. "
"Kamieskroon is 'n goeie beginpunt vir blomme kyk - maar moet "wyer" kyk as net blomkykers - dit is die naaste dorp buiten Springbok waar reisigers kan oornag voordat hulle verder reis. "
"Paaie en infrastruktuur is goed ─ geen probleem met die area nie!"
"For a stopover, Colesberg is perfect. There are some nice restaurants in the town. I enjoyed the Horse and Mill local restaurant."
"Die aankope vir kos en drank is baie beperk. Dit is verstaanbaar vir 'n klein dorpie. Ondersteun hulle tog om die voortbestaan te verseker."
"The right place in the right spot for travellers. Clean, quiet and peaceful. 'n Lekker dorp. "
"Ideal location to explore that corner of the Karoo. Centrally located to visit the splendour of the flowers during spring."
"Die aansig met die plakkerskampe lyk sleg. Ek stel voor julle gradeer die plekke bietjie op."