Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3698 resensies.
Attie J. - 28th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Ons het al die verskillende winkels geniet om te besoek veral die winkelsentrum en die vulstasie wat langs die pad geleë is. Die sterland teleskope en die teleskope by Suid-Afrika Astrologie Sterrewag (SAAO) en SALT. Dit was 'n belewenis! Dit was vir ons 'n sprokieswêreld met die sneeu wat geval het.
Neels R. - 28th August 2017
staying in Kathu, Noord-Kaap
Was goed ontvang en bedien in die Wimpy.
Leon E. - 28th August 2017
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Kuruman het baie verander van die laaste tyd wat ek daar oornag het. Ongelukkig bied die dorp nie genoeg eetplekke om n ete te nuttig nie.
Arianna V. - 28th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Baie vriendelike dorpie.
Adriaan F. - 28th August 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Springbok is ideaal geleë vir 'n besoek aan Namakwaland. Verskeie dagritte kan gemaklik na Port Nolloth, Skilpad Natuurreservaat en ander omliggende gebiede geneem word.
Adriaan F. - 28th August 2017
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Kamieskroon is klein met beperkte fasiliteite maar is goed geleë vir die Namakwaland blomme.
At S. - 28th August 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ek sou dit net as oorslaapfasiliteit aanbeveel.
Gerald V. - 28th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Die besoek is regtig die moeite werd!
Paul B. - 28th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Die grootste aantrekkingskrag is 'n besoek aan die planetarium. Baie interresant!
Nikki S. - 28th August 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Was 'n lekker platteland-kuier. Rustigheid was great!
Paul B. - 28th August 2017
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Alle toeriste sal die omgewing interresant vind.
Paul B. - 28th August 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtige omgewing en ideaal vir toeriste wat hou van die natuur.
Mariesa N. - 28th August 2017
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Ons het lekker eetplekkie gesoek wat nie net koek en brood bedien nie.
Renier S. - 28th August 2017
staying in Richmond, Noord-Kaap
Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word.
Hannelie A. - 28th August 2017
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Berge en grondpaaie in die omgewing maak op vir geen blomme! Stil en rustig daar!
Louwrens E. - 28th August 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Baie mooi gebied net ongelooflik droog.
Melanie S. - 28th August 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Die dorpie is klein en interessant. Die mense is vriendelik en gasvry. Ons was met ope arms verwelkom in elke plekkie en het heerlik geklets met almal. Die personeel van die museum was regtig vriendelik en die gasvrou van die bed en ontbyt by die Old lady was aangenaam.
Friedelein K. - 28th August 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Sit dit op jou emmerskoplysie. Ek is mal oor Loxton.
Dirk K. - 28th August 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Pragtige dorp wat goed geleë is, genoeg besighede vir 'n reisiger. Die Springbok Resort restaurant word hoogs aanbeveel.
Christo R. - 28th August 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Ek is self in die toerismebedryf in Pretoria. Voortrekkermonument ontvang die tweede meeste besoekers landwyd as erfenisterrein naas Robbeneiland. Kimberley is 'n onontdekte toerismejuweel. Julle het 'n aanbod en variasie van ikoniese verskeidenheid wat die ideale pakket vir toeriste sal waarborg: Rotskuns, Die Gat self met sy uitstallings, Die Suid-Afrikaanse weergawe van Victoriaans, Magersfontein (en die blokhuis) asook museums met uitstallings en navorsing van hoogstaande gehalte (wat beter lyk as Gauteng se museums!). Ek is seker daarvan julle toergidse kan opgelei word om al bogenoemde onderwerpe met kennis en diepte te dek. Voeg net Suid-Afrikaanse kos en n plaaslike vertoning (tradisionele rieldans of Tswana dalk?) en voeg als in 'n pakket. As ek die Lotto wen, kom tree ek af in Kimberley en sit op n groot stoep en drink limonade of gemmerbier!
Gwyneth C. - 27th August 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Perfect stopover on a long trip to Cape Town.
Dries D. - 27th August 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Was nog altyd net goed as oornag plek. Sal nie weer gebruik nie en liewer ander dorp gebruik, of deur ry na bestemming, aangesien al die pryse in Colesberg gelaai is omdat hy aan N1 grens.
Lynette T. - 27th August 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Ons vertrek nooit uit die dorp sonder om 'n lekker skaaplam te koop nie. Die smaak is net iets besonders. Calvinia sal maar altyd op my reisplan na die Noord-Kaap wees.
Ann-louise M. - 26th August 2017
staying in Groen Kalahari, Noord-Kaap
Naby Augrabies Waterval. Mooi omgewing.
Rene S. - 26th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Baie oud, maar baie baie skoon en baie plekke om te bly en eet.
Christa R. - 26th August 2017
staying in Richmond, Noord-Kaap
Ek glo nie Richmond sal ooit 'n groot toeristebestemming wees nie, maar dit is 'n goeie stop na 'n lang reis.
Alexander V. - 26th August 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Lekker rustige plekkie.
Alexander V. - 26th August 2017
staying in Noord-Kaap
Baie mooi en rustig! Een gunsteling van ons.
Gerhard H. - 26th August 2017
staying in Hopetown, Noord-Kaap
Dit sal help as reisagente en/of die gastehuise inligting beskikbaar het oor wat waar gekoop kan word, apteke, dokters ens.
Bronwen W. - 25th August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Om 'n werklike plattelandsse ervaring te kry is Sutherland een van die beste opsies. Die vlei is uit die wêreld! Beste potjie ooit!
Christa V. - 24th August 2017
staying in Keidebees, Noord-Kaap
Die straatname kan meer sigbaar gemaak word vir die toeriste.
Doreen A. - 24th August 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Baie potensiaal! Besoek gerus die McGregor Museum.
Michael B. - 23rd August 2017
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Would definitely recommend!
Jan Harm O. - 23rd August 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Baie vriendelike mense.
Irma G. - 23rd August 2017
staying in Upington, Noord-Kaap
Skoonste, mooiste dorp wat ons in 'n baie lang tyd gesien het. Mense baie beleefd en behulpsaam! Dankie.
Sannie M. - 23rd August 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Geen blomme agv droogte. Afrikaans geniet.
Mike V. - 23rd August 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Verbasend skoon en netjies vir 'n kleiner plattelandse dorp.
Ann-louise M. - 23rd August 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Oulike dorpie.
Vic P. - 22nd August 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Goeie plek om oor te slaap en 'n paar dinge te beskou: die ou kerk, ander geskiedkundige geboue en sommer ook die geskiedenis van die dorp.
Leon F. - 22nd August 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
We slept there on our way back again.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]