Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6397 resensies.
"Nice town with historic buildings around the Drostdy house/museum. Bontebok NP also worth visiting."
"Vandat ons self kinders was, is Struisbaai ons vakansie plek. Eers 'happy campers', maar deesdae verkies ons dit om 'n huisie te huur a.g.v die onvoorspelbare weer in Maart/April. Ek was vanjaar teleurgesteld met baie van die restaurante wat regtig te duur is met die kwaliteit van kos & diens wat hulle gee. Zuidste Kaap & Sea Shack kom egter hoogs aan te beveel. Jy het definitief nog nie roomys geëet as jy nie 'n Sea Shack roomys op die strand geniet het nie. Ons het die fietsryery vreeslik geniet en was dankbaar om te sien dat die munisipaliteit 'n 'walk way' gemaak het om die draai na L'Augulhas toe. Die strand is redelik veilig vir kinders & vakansies is daar gewoonlik lewensredders op sentrale punte. So, of jy hou van visvang (charters beskikbaar vir diepsee) en of jy net wil boeklees op die strand, op Struisbaai is daar iets vir almal om te doen sonder om pappa se sak te veel te ruk."
"Pragtige plek, alhoewel ons nie veel gesien het nie. Het die aand by 'n restaurant geëet en toe ons terugry na Fisherhaven toe is die krag af en het ons verdwaal, maar gelukkig vir GPS het ons darem weer by ons bestemming gekom."
Hemel-en-Aarde Vallei, Overberg
Die Koringhuis"Die poskantoor restaurant was 'n belewenis met uitstekende kos en gasvryheid."
"Ek ken Struisbaai van kinderdae af en geniet dit nog elke keer om net daar lafenis te gaan soek weg van die stad se geraas."
"This is a beautiful, lush green little town! Should you ever consider buying property to get away to on weekends, I suggest buying in Suurbraak! "
"If you really want to unplug from the city, Struisbaai is the perfect quiet fisherman's haven for a break."
"Die dorpie is oulik en die mense. Jy kan Agulhas toe ry, dan hawe besoek. Man, dit was net tops!"
"Hermanus is 'n pragtige dorp met baie om te sien en te doen. Daar is uitstekende restaurante en wynplase om te besoek. Die asemrowende uitsigte oor die see maak dit regtig die moeite werd om Hermanus te besoek."