Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2135 resensies.
"Restaurante out dated en water was 'n probleem. Moes terugry Homestead toe om 'n toilet te gebruik."
"Umtentweni is 'n pragtige omgewing binne ry afstand van strande ens. Ongelukkig is die paaie in 'n baie swak toestand."
"Mooi dorp. Vriendelike mense. Mooi strande. Gaan kuier gerus daar. Sien die bote as hulle in kom na 'n dag se visvang."
"Dit is 'n baie lekker strand en sal enige iemand aanbeveel om 'n plekkie naby St Michaels te kry. Is 'n baie skoon omgewing en het dit baie geniet om St Michaels te besoek."
"Apart from the Eskom loadshedding which is beyond anyones control, it was sad to see that the water is of questionable quality and risky for human consumption. If I recall, it's a problem that the South Coast has been plagued with for a number of years and Ugu municipality don't seem to be able to resolve the issue. "
"Port Shepstone is altyd groen, dit bring rustigheid mee. Baie mooi strande en natuurskoon. Port Shepstone is 'n plek om te gaan siel skoonmaak."
"Alles wat nodig is, is baie naby. Winkels, lekker strande om van te kies en te keur."
"Manaba/Lucien-strand is een van die beste strande aan die Suidkus en het blouvlag status. Daar is rotse asook die swem strand met lewensredders."