Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9467 resensies.
"Baie naby aan Meiringspoort en die Swartberg pas en Prince Albert. Mooi dorpie. Baie rustig."
"Witsand is maar baie primitief met net 2 winkels wat elke dag 5 uur toemaak. The Sands winkel is vreeslik duur met hulle produkte."
"Ons ken Stilbaai al vir baie jare, en kom jaarliks terug na hierdie veilige, vriendelike, skoon en goed bestuurde dorp. Verseker is 'n besoek aan Stilbaai goeie waarde vir geld."
"Nie regtig 'n Mosselbaai-aanhanger nie. Sal nie in Mosselbaai self vakansie hou nie."
"'n Moet om na Map of Africa te gaan kyk, diens by restaurante is uitstekend. Skoon netjiese dorpie."
"Die verkeer in die dorp kan nogal bietjie besig raak en is 'n goeie voorstel dalk om net êrens te stop en te loop na verskillende winkels en malls, want alles is letterlik langs mekaar, maar die dorp beskik oor elke moontlike winkel wat jy aan kan dink. Die Waterfront is ook baie lekker met soveel winkels en restaurante, ook lekker piekniekarea by die strand en veilige wandelpaadjies"
"Dit is 'n uitstekende vissersbestemming maar as jy net rus vir jou siel soek, is dit net so ideaal."
"Ons het die dorpie baie geniet. Dit was 'n welkome wegbreek van die geraas en gejaag van die stad en alledaagse bedrywighede."
"An absolute treasure on the Garden Route. Lots of visible security so we felt safe walking at night. Eateries are world-class with great staff."
"Die dorp is skoon. Die omgewing pragtig en daar is baie om te doen. Oudtshoorn is 'n moet-besoek."
"Soos baie plattelandse dorpe, word baie gedoen deur die inwiners en sakelui om die agteruitgang te stuit."